Navrae Hier

Hoe laat kan ek inteken?

Vanaf 14:00 op die dag van aankoms.

Hoe laat moet ek uitteken?

Tot 11:00 (toestemming is nodig om later uit te teken)

Watter aktiwiteite is nie ingesluit by my verblyf nie?

Walviskyk-bootvaarte  (Junie - Desember), Bootvaarte na Dyer-eiland (Januarie - Mei), Haaihokduik, Uitsig-vlugte en Spa-behandelings.

Watter tyd van die jaar is die beste vir walviskyk-toere?

Van Julie - Desember.

Watter tyd van die jaar is die beste blomkyktyd in die Kaapse Blomkoninkryk?

Van Julie – Desember.

Beskik julle oor kamerdiens-geriewe?

Grootbos bied nie kamerdiensgeriewe nie vanweë die privaatheid van die wooneenhede!