Nuttige inligting en vrae en antwoorde

Het jy 'n vraag oor hoe om by Grootbos te kom of oor verblyf by ons? Of is jy net nuuskierig oor die pragtige deel van die wêreld? Hier is aanwysings, veiligheidswenke en nog meer.

Vanaf Kaapstad

Aanwysings

Volg die N2 van Kaapstad, verby die lughawe na Somerset-Wes. Bly op die N2 oor Sir Lowry‘s Pas en draai dan ná die Houhoekpas op die R43, of volg die R44 al langs die kus en draai op die R43 in die rigting van Hermanus. Ry deur Hermanus tot by Grootbos, 13km ná Stanford, steeds op die R43.

vanaf die Tuinroete

Aanwysings

Ry op die N2, wes verby Swellendam en Riviersonderend. Draai 10km ná Riviersonderend op die R326 na Stanford. Draai by Stanford links op die R43. Grootbos is 13km ná Stanford op die R43.

die kusroete uit Kaapstad

Aanwysings

Dié rit uit Kaapstad loop met die R44 van Gordonsbaaai na Hermanus. Dit is een van die roetes met die mooiste uitsig in Suid-Afrika, al langs die kus met ongelooflike vergesigte oor die see (daar is selfs walvisse tussen Julie en November). Die roete loop deur die Kogelberg Natuurreservaat, bekend vir sy pragtige fynbos, hoë bergpieke, diep klowe, valleie en verskeie lope van die Palmietrivier.

Op pad kan jy in Bettiesbaai stilhou by Stony Point, tuiste van een van slegs drie broeikolonies van Brilpikkewynne in Suid-Afrika. Daar is paadjies al langs die pikkewynneste met geleentheid om foto‘s van die lieflike diertjies te neem.

Ná Stony Point loop die pad langs die Harold Porter Botaniese Tuin in die rigting van Kleinmond, van waar die R43 jou in die rigting neem van Hermanus, geleë tussen die berg en die see met asemrowende vergesigte oor Walkerbaai. Ry deur Hermanus, verby Stanford tot by Grootbos Private Natuurreservaat.

OP PAD NA GROOTBOS

Grootbos is 'n ongelooflik pragtige plek, maar die reis hierheen is 'n ervaring uit eie reg. Word oorweldig deur lieflike vergesigte, hou stil by unieke plekke en ervaar die natuurskoon rondom jou.

Faq

Hoe laat kan ek inbespreek?

Van 14:00 op die dag van aankoms

Wanneer moet ek my kamer ontruim?

Kamers moet teen 11:00 ontruim wees (later net met spesiale vergunning)

Het die suites internet-toegang?

Ja, al ons suites het internet-toegang. Draadlose internet is ook in die hoof-lodges beskikbaar.

Is daar kamerdiens?

Ons het nie kamerdiens nie; dit werk nie met die alleenstaande suites nie.

Wanneer moet ek my volle rekening vereffen?

Volle betaling word vereis 30 dae voor aankoms. Betaling kan geskied met kredietkaarte (AMEX, Visa en Mastercard) of deur elektroniese bankoordrag.

Wat is by die tariewe ingesluit?

Alle maaltye (ontbyt, middagete en 6-gang aandete) sowel as aktiwitiete op land

Watter aktiwiteite is nie by die verblyf ingesluit nie?

Walviskyk van 'n boot af (Julie – Desember), bootvaart na Dyer-eiland (Januarie – Junie), haaihok-duik, uitsig-vlugte, spa-behandelings, perdry op die strand en ritte op vierwiel-motorfietse

Watter tyd van die jaar is die beste vir walviskyk?

Van Julie tot Desember

Watter tyd van die jaar is die beste om die Kaapse blommeprag te sien?

Van Julie tot Desember

Hoe ver is Grootbos van die Tuinroete?

Grootbos is geleë tussen Kaapstad en die begin van die Tuinroete

Hoe ver is Grootbos van Kaapstad?

160 km (100 myl) – ongeveer 2 uur per motor

Grootbos Foundation and global recognition

Grootbos is a world leader in sustainable tourism and has been awarded some of the highest international accolades possible, making us one of only a handful of lodges to achieve this.

Doen Navraag
Doen Navraag