Navrae Hier
'n Uitsonderlike en weelderige oord vir troues en onthale
Grootbos spog waarskynlik met een van die beste liggings in die land (en selfs in die wêreld!) met asemrowende uitsigte oor fynbos-vlaktes,  ongerepte sandduine en die wye oseaan wat strek van Walkerbaai tot by Kaappunt in die verte. 'n Skemeraand-troue waar gaste 'n sjampanje-heildronk drink terwyl die son in 'n gloed van kleure in die see wegsak, is 'n onvergeetlike belewenis.
 
Grootbos is in die hartjie van die Kaapse Blomkoninkryk geleë en is as een van die beste hotelle in die wêreld aangewys deur die vooraanstaande reisgids Tatler Travel Guide. Meer as 750 inheemse plantspesies en twee groot Melkhoutwoude skep 'n onwerklike gevoel dat jy deel is van die natuur. 
 
Grootbos is die perfekte plek om 'n spogtroue en onthaal te hou met die unieke kombinasie van twee vyfster-lodges en 'n weelderige Villa in die ongerepte natuur. Al die wooneenhede is luukse suites met en suite-badkamers, aparte sitkamers en groot hout-dekke. Elke eenheid is vrystaande en bied asemrowende uitsigte oor Walkerbaai!
 
Die plegtigheid kan buite in die vreedsame rustigheid van die oord gehou word waar jou gaste dié grootse oomblik met jou kan deel terwyl walvisse 'n hanetreetjie verder in die branders baljaar. Indien die weer nie saamspeel nie, word die huweliksplegtigheid in die hoof-lodge gehou waar gesellige kaggelvure en smaakvol-gemeubileerde kuier-areas 'n warm atmosfeer skep en ongelooflike uitsigte oor die omliggende berge en Walkerbaai bied. 
 
Al ons huwelikspakkette word handskoenpas geskoei op jou unieke idees en behoeftes! 
Kontak asb. ons banket-afdeling vir 'n uitvoerige kwotasie by banqueting@grootbos.co.za.
 
Hieronder is ons verskillende huwelikspakkette:
Vir meer besonderhede oor ons spogoorde vir troues en onthale, kliek op die onderstaande skakels:

Oord vir Huweliksplegtigheid                          Oord vir Onthale

Geniet 'n unieke, romantiese en onvergeetlike Troue op Grootbos!