KREATIEWE KONFERENSIES IN DIE PARADYS
Bereik meer sukses in 'n inspirerende omgewing
KYK NA DIE VIDEO

Inspirerende venue

By Grootbos bied ons geriewe in 'n ontspanne en inspirerende omgewing. Afgevaardigdes sal verfris en gemotiveerd deur kreatiewe idees weggaan.

2500 hektaar ongerepte natuur
100 bedreigde plantspesies
800 plantspesies: 6 wat hier ontdek is
'n Melkhoutbos wat meer as 1000 jaar oud is
Die wonder van die Groot Vyf van die See
6 soogdiere van bewaringsbelang

Pryse en vermeldings

Hideaway of the Year
Overall Winner for Responsible Tourism
The 101 Best Hotels in the World
Best in Poverty Reduction
Unique Lodges of the World.

Progressief, natuurlik, inklusief

Ons gaan verder as om net hierdie ongerepte fynbos paradys, wat ons noem tuis, te bewaar. Ons is voortdurend besig met navorsing en ons innoveer en pionier nuwe maniere om dinge te doen. Dus, wen ons gesogde eko-toekennings.

sien ons storie

Rustige omgewing

Ons spesialiseer in konferensiegroepe van 10 tot 60 afgevaardigdes, elk met luukse akkommodasie.

Garden Lodge
‘n Stukkie hemel

Garden Lodge

Verbeel jou hoe dit was toe die wêreld nog ongerep was terwyl jy deur die pragtig ontwerpte tuine, omring deur ‘n eeue oue bos, wandel. Terwyl jy in die grootste gerief in een van ons elf alleenstaande suites tuisgaan, kan jy die uitsig van die omgewing indrink, van nuuts af deel van die natuur word en verhoudings met mekaar verstewig.

Sien Suites Sien Garden Lodge
Forest Lodge
Rustig en gesofistikeerd

Forest Lodge

Die moderne en minimalistiese ontwerp dra by tot Forest Lodge se kalmerende atmosfeer. Ontspan in een van die sestien alleenstaande suites en ervaar die skoonheid wat jou omring. Asem die fynbos-gegeurde lug in terwyl die magiese krag van die natuur al jou bekommernissse laat verdwyn.
 

Sien Suites Sien Forest Lodge
Private Villas
Eksklusief en ongeëwenaard

Private Villas

Ons twee private villas is die toppunt van afgesonderde luukse, met onvergeetlike ervarings vir ons uitsoek-gaste. Met die fyn aanvoeling vir voortreflike diens van ‘n private sjef, butler en natuurgidse sal in ‘n huislike omgewing van ongeëwenaarde gehalte in elke behoefte voorsien word.

Sien Private Villas

Getuigskrifte

Stunning views and great food!

Seimon Lester - United Kingdom

The Forest Lodges were beautiful and the views amazing.

Ian Coburn - United Kingdom

Spa and dinner definitely to be experienced!

Geena du Toit - South Africa

Secluded without being isolated, many amazing activities are included such as horse riding, 4x4 safari and nature walks.

Amanda M - Australia

We had a lovely room in the Garden Lodge and enjoyed every second of our stay.

Bettina B - Germany

Ervarings by Grootbos

Ons versameling sorgvuldig saamgestelde ervarings by Grootbos, geïnspireer deur ons ongerepte omgewing, het bewaring en die gemeenskap as kernwaardes. 

Spysenering

Geniet maaltye van vyfster-gehalte, sowel as teetyd soggens en smiddae.

Eetervarings propvol tekstuur, smaak en kleur.

Ons gebruik die varsste bestanddele wat op die reservaat verbou word en berei geregte wat al die sintuie betrek. Van 'n piekniek op die strand tot ons legendariese ses-gang aandetes sal verseker dat jy met herinneringe aan kulinêre hoogtepunte hier sal weggaan.  

Meer oor ons kulinêre ervarings

Bekroonde wyne. Outentieke ervarings.

Ons glo dat almal dit sal geniet om die bekroonde wyne van die streek te ontdek en te ervaar, terwyl hulle kos en wyn wat bymekaar pas proe, of wanneer van ons sommeliers meer vertel oor wat ‘n oesjaar besonder spesiaal maak, of wanneer hulle op ‘n begeleide toer na ‘n wynplaas gaan. 

Meer oor wyn-ervarings
Geniet die warmte van ons hospitaliteit

Grootbos Foundation and global recognition

Grootbos is a world leader in sustainable tourism and has been awarded some of the highest international accolades possible, making us one of only a handful of lodges to achieve this.

Doen Navraag
Doen Navraag