VARS. PLAASLIK. UITSONDERLIK.

FYN KOOKKUNS

Dalk is dit die helder geel van ‘n eier. Of hoe die vars sampioene in die ravioli in jou mond gesmelt het. Of, miskien was dit die unieke smaak van Grootbos-heuning in jou tuisgemaakte roomys. Wat ookal vir jou uitgestaan het, jy sal ons verlaat met meer as tevrede smaakorgange – jy sal met ryk kulinêre herinneringe weggaan. 

“VERGESIGTE VANUIT ELKE HOEK EN VRIENDELIKE PERSONEEL WAT NA JOU BEHOEFTES OMSIEN, DRA TOT DIE ERVARING BY.”

EETERVARING

Elke bord kos wat voorgesit word is ‘n perfekte, kleurryke kunswerk. Ons gebruik net die varsste bestanddele, van plekke so na as moontlik aan Grootbos, met baie wat van ons eie organiese plaas op die reservaat kom. Dit beteken dat terwyl jy in vervoering is oor die tuisgemaakte linguini of Thai-gegeurde sop, is jy ook besig om by te dra tot ons voedselproduksie en projekte vir sosiale ontwikkeling. En die heel beste? Al die maaltye is by jou tarief ingesluit.

ORGANIESE KOS

  • Ons kan vir verskeie dieetvoorkeure voorsiening maak.
  • Geniet ‘n buffet-ontbyt, 3-gang middagete en 6-gang aandete.
  • Ons sjefs inkorporeer die nuutste kostendense met produkte in seisoen. ‘n buffet-ontbyt, 3-gang middagete en 6-gang aandete.
  • Alles word vars gemaak, van die mayonnaise tot die pasta en die broodrolletjies.
TOT BOORDENS TOE VOL GEUR EN VARSHEID

Ons glo dat niks beter smaak as organiese, vars geplukte groente en kruie nie. Dis hoekom ons ons eie plaas het waar al die bestaanddele gekweek word en so vars moontlik op jou bord beland. Terselfdertyd ondersteun ons ons plaaslike gemeenskap deur opleiding en deur hulle deur ons Growing the Futures Project in diens te neem. 

FONTEINWATER UIT DIE BERG

Daar is ‘n paar vanselfsprekende redes om vir ons gaste water te verskaf wat uit ‘n sandsteen-waterpunt op die reservaat kom. Dit is skoon, heerlik en vol gesonde minerale. Die minder voor die hand liggende voordele is dat dit help om ons negatiewe sogenaamde koolstofspoor te verminder deur net glasbottels te gebruik wat ons hersikuleer en so plastiekbottels uitskakel. Boonop word dié onderneming deur plaaslike mense bestuur wat dus help om die gemeenskap te ondersteun.

HEUNING

‘n Skaars blom. ‘n Zoemende by. ‘n Gesamentlike poging. En wanneer dit alles bymekaarkom? Dan kry jy Grootbos-heuning. Ons reservaat is die tuiste van die bedreigde Erica irregularis, ‘n plant wat nêrens anders ter wêreld voorkom nie. Een keer per jaar begin hulle blom en tooi die heuwels in ‘n pienk skynsel. Ons endemiese swerms bye begin dan werk, en daarna haal ons byeboer en sy span die heuning uit, verkoop dit aan die reservaat terug en ondersteun so plaaslike families. Ons heuning is dus nie net ‘n geurige glasuur op jou salm nie, dit is deel van ons visie vir ‘n volhoubare toekoms.

VARKVLEIS

Ons varke wat met die hand grootgemaak word, word gevoer met oorskietkos uit ons kombuise, wat vermorsing beperk en geur bevorder. Van die geurige wors wat jy met ontbyt eet tot die krakerige spek in jou slaai, kom van ons eie plaas op die reservaat.

EIERS EN HOENDERS

Ons 300 gelukkige werfhoenders op die Siyakula-plaas lê ongeveer 4 000 organiese eiers per maand. En jy kan die varsheid proe in die geregte wat jy eet, van ons gewilde Eiers Benedict tot vars ontbyt-gebak tot ons heerlike ryk sjokolade-fondant.

GROENTE EN KRUIE

Ons varke wat met die hand grootgemaak word, word gevoer met oorskietkos uit ons kombuise, wat vermorsing beperk en geur bevorder. Van die geurige wors wat jy met ontbyt eet tot die krakOns beplan ons spyskaarte op grond van wat in seisoen is en wat ons op ons organiese plaas kweek. As jy in die somer hier is? Verwag vars bessies met jou ontbyt. 70% van al die kruie en 100% van die mikro-kruie wat ons gebruik word deur ons span op die Grow the Future-plaas gekweek. Dit verskaf dus werk aan plaaslike families.rige spek in jou slaai, kom van ons eie plaas op die reservaat.

SEEKOS

Aangesien ons so na aan die Indiese en Atlantiese Oseaan geleë is, is dit geen wonder dat ons seekosgeregte so gewild is nie. Vars vis word elke dag van die bote by Gansbaai afgelaai, maar as die weer meebring dat geen vis beskikbaar is nie, sal gaste forel van die Langkloof-forelplaas naby ons kan proe.

ANDER PLAASLIKE BESTANDDELE

Ons is trots daarop dat ons ander plaaslike produsente van die omgewing ondersteun, soos Kaliba Dairy, met vars botter, kaas en joghurt, sowel as die kaasplase Kleinrivier en Stone House, wat ‘n verskeidenehid sagte wit en semi-harde kaas maak. Proe van die kase saam met tuisgemaakte compote en blatjang.

FONTEINWATER UIT DIE BERG
HEUNING
VARKVLEIS
EIERS EN HOENDERS
GROENTE EN KRUIE
SEEKOS
ANDER PLAASLIKE BESTANDDELE

ONS KULINÊRE KREATIEWE SPAN

“ONS 6-GANG AANDETES WORD VOORTDUREND HERONTWERP OM GASTE TE BETOWER EN TE VERRAS.”

PASSIE EN KREATIWITIET

Ons kulinêre span kom gereeld bymekaar om nuwe idees te bespreek en te besluit watter bestanddele nóú die beste is. Of dit nou ‘n besoek aan die hawe is om die vangs van die dag te gaan haal, of om op ons plaas te gaan kyk hoe dit met die mikro-kruie gesteld is, jy kan gerus wees dat die hoofsjef, Benjamin Conradie, en sy ervare span na al jou smake sal omsien.


Eet ‘n varsgebakte croissant van een van ons pasteisjefs. Proe die varsheid van ‘n seekatslaai, en jy sal baie gou besef dat jy kos proe wat berei is deur ’n uitstekend opgeleide kulinêre span van wie sommige internasioanle ervaring in van die wêreld se luuksste hotels het.

Benjamin Conradie

Executive Head Chef

Fresh homemade Pasta (Basically everything that is fresh and hand made)

Beenyamin Booysen

Executive Sous Chef

Prawn & Shitaki Tortelinni Crayfish bisque , Red Pepper foam

Jurie Swart

Executive Sous Chef

Duo of pork, roast Parisian potatoes, honey-glazed baby carrots and cardamom purée

Christopher Carolus

Tournant Chef

Porcini and wild sage Gnocchi, Goats cheese Fondue

Gerrit Van Dyk

Sous Chef

Gremolata Seasoned line-fish, peach chutney and roast lime Aioli

Kent Robert

Head Pastry Chef

Honey Ice cream

Micha Van Wyk

Sous Chef

Seared Trout, fennel risotto, poached quail egg & pickled radish

Peter Brown

Chef De Partie

Patagonian Squid marinated in beetroot served with squid ink Aioli

Bukeka Dyonkile

Breakfast Commi Chef

French toast with berry fynbos honey compote & streaky bacon

Cynthia Mbakeja

Demi Chef

Traditional breakfast

Lindeka Thethleni

Breakfast Chef

Croque Madame

Nano Matejoa

Breakfast Chef

Baked bean Chakalaka with poached egg and sour dough toast

Neziswa Mgubo

Junior Chef De Partie

Beef and mushroom tataki

Nwabisa Masela

Commi Chef

French toast with chakalaka

Nxolo Mtliywa

Commi Pastry Chef

White Chocolate and cinnamon cake and espresso sabayon

Reinhaldt Tromp

Sous Chef

5 Spice Duck Breast Char grilled Pearl onions & cashew nut puree

Ricardo Jansen

Junior Sous Chef

Seared Rainbow Trout, Oven dried tomato relish, Coconut Velouté, dill salad

Tamsen Koert

Pastry Chef

I love baking bread and do magic with a piece of dough

Thembani Gaji

Commi Pastry Chef

Creme Brulee

Zuko Mbatyulwa

Commi Chef

Assiette Of Tomato, Tomato gazpacho, tomato tartar, roasted vine tomato

Benjamin  Conradie

Executive Head Chef

Fresh homemade Pasta (Basically everything that is fresh and hand made)

Beenyamin  Booysen

Executive Sous Chef

Prawn & Shitaki Tortelinni Crayfish bisque , Red Pepper foam

Jurie  Swart

Executive Sous Chef

Duo of pork, roast Parisian potatoes, honey-glazed baby carrots and cardamom purée

Christopher  Carolus

Tournant Chef

Porcini and wild sage Gnocchi, Goats cheese Fondue

Gerrit  Van Dyk

Sous Chef

Gremolata Seasoned line-fish, peach chutney and roast lime Aioli

Kent  Robert

Head Pastry Chef

Honey Ice cream

Micha  Van Wyk

Sous Chef

Seared Trout, fennel risotto, poached quail egg & pickled radish

Peter  Brown

Chef De Partie

Patagonian Squid marinated in beetroot served with squid ink Aioli

Bukeka  Dyonkile

Breakfast Commi Chef

French toast with berry fynbos honey compote & streaky bacon

Cynthia  Mbakeja

Demi Chef

Traditional breakfast

Lindeka  Thethleni

Breakfast Chef

Croque Madame

Nano  Matejoa

Breakfast Chef

Baked bean Chakalaka with poached egg and sour dough toast

Neziswa  Mgubo

Junior Chef De Partie

Beef and mushroom tataki

Nwabisa  Masela

Commi Chef

French toast with chakalaka

Nxolo  Mtliywa

Commi Pastry Chef

White Chocolate and cinnamon cake and espresso sabayon

Reinhaldt  Tromp

Sous Chef

5 Spice Duck Breast Char grilled Pearl onions & cashew nut puree

Ricardo  Jansen

Junior Sous Chef

Seared Rainbow Trout, Oven dried tomato relish, Coconut Velouté, dill salad

Tamsen  Koert

Pastry Chef

I love baking bread and do magic with a piece of dough

Thembani  Gaji

Commi Pastry Chef

Creme Brulee

Zuko  Mbatyulwa

Commi Chef

Assiette Of Tomato, Tomato gazpacho, tomato tartar, roasted vine tomato

RESTAURANTE

DIS NIE KOS NIE – DIS ‘N GEBEURTENIS.

Ons glo met kos gaan dit oor meer as om jou liggaam te voed. Dit gaan daaroor om met ander ‘n verbintenis aan te gaan. En om tyd te neem om elke mondvol behoorlik te proe. En om die varsheid en wildheid van hierdie unieke plek te proe. Geniet hierdie kulinêre ervarings in een van ons twee lodge-restaurante, elk met sy eie karakter en atmosfeer.


Garden Lodge is so ontwerp dat die wonder van die natuur deur al die deure en vensters invloei. Geniet die warm gesellige interieur en asemrowende uitsig oor die see en die fynbos, terwyl jy onvergeetlike maaltye saam met geliefdes geniet. Ons Forest Lodge-restaurant, met sy baie besonderse kontemporêre ontwerp is ‘n meesterstuk. Gaan buitentoe en geniet ontbyt op die groot dek, of sit binne en verkyk jou aan die eindelose vergesigte terwyl jy ‘n eetervaring uit die boonste rakke geniet.  

VOORBEELDE SPYSKAARTE

Kyk hoe jou daaglikse spyskaarte kan lyk. Dit verander volgens die seisoen en beskikbaarheid van bestanddele.

AANDETE MIDDAGETE ONTBYT

ETES ELDERS

“ONS KULINÊRE ERVARINGS IS NIE TOT ONS RESTAURANTE BEPERK NIE.”

GAAN OP ‘N KULINÊRE AVONTUUR

Ons hou daarvan om in die natuur te wees, daarom is ons kulinêre ervarings nie tot ons restaurante beperk nie. Geniet ‘n piekniek op die strand met jou tone in die sand, teug aan skemerkelkies terwyl die son sak of geniet ‘n tipies Suid-Afrikaanse ete in ons boma terywl jy in die knetterende vuur staar.

Die Boma
Piekniek op die strand
Wyn kelder aandetes
Piekniek op die reserve

WYN-ERVARING

UTENTIEK EN BUITENGEWOON

By Grootbos weet ons baie van wyn. Maar ons is nie pretensieus daaroor nie. Ons glo dat almal dit sal geniet om die bekroonde wyne van die streek te ontdek en te ervaar, terwyl hulle kos en wyn wat bymekaar pas proe, of wanneer van ons sommeliers meer vertel oor wat ‘n oesjaar besonder spesiaal maak, of wanneer hulle op ‘n begeleide toer na ‘n wynplaas gaan.

MEER OOR DIE WYN-ERVARING
Geniet die warmte van ons hospitaliteit

Grootbos Foundation and global recognition

Grootbos is a world leader in sustainable tourism and has been awarded some of the highest international accolades possible, making us one of only a handful of lodges to achieve this.

Doen Navraag
Doen Navraag