Navrae Hier
Die Grootbos Wynlys

Soos met die meeste ander dinge by Grootbos Natuurreservaat, is daar ook baie moeite gedoen om ‘n voortreflike wynlys met uitsoek-wyne vir ons gaste saam te stel.

Grootbos is bekend vir sy innoverende projekte om plaaslike gemeenskappe te steun en volhoubare werkskeppingsgeleenthede te ontwikkel. Derhalwe sluit ons wynlys ook ‘n wye verskeidenheid van keurige wyne uit die omliggende omgewing in waar meer as 70 wynplase deesdae met top-wyne spog! 

Omdat die meeste van ons gaste ook die bekende Kaapse wynlandgoedere rondom Stellenbosch en Franschhoek besoek, wil ons u graag ook bekendstel aan ons egte Overbergse wyne. 

Baie van die wynlandgoedere op ons wynlys is lid van die Biodiversiteit & Wyn-Inisiatief (BWI). Die BWI is ‘n baanbreker- vennootskap tussen die Suid-Afrikaanse wynbedryf en die bewaringsektor. Die doelwitte is om verdere verlies van bedreigde natuurlike habitatte te bekamp en volhoubare wynproduksie te bevorder deur die riglyne oor biodiversiteit van die Suid-Afrikaanse wynbedryf noukeurig na te volg.   

Kliek hier om ons huidige wynlys met van die beste Overbergse wyne te sien!