OUTENTIEK EN BUITENGEWOON

WYN-ERVARING

Suid-Afrika is bekend vir sy wyn en ons is trots daarop om in ons wynversameling by Grootbos reg te laat geskied aan die omvang en verskeidenheid daarvan.

WYN-ERVARING

“KIES UIT ‘N GROOT VERSAMELING VAN PLAASLIKE EN INTERNASIONALE WYNE.”

PLAASLIKE WYNMAKERS EN HUL STORIES

By Grootbos weet ons baie van wyn. Maar ons is nie pretensieus daaroor nie. Ons glo dat almal dit sal geniet om die bekroonde wyne van die streek te ontdek en te ervaar, terwyl hulle kos en wyn wat bymekaar pas proe, of wanneer van ons sommeliers meer vertel oor wat ‘n oesjaar besonder spesiaal maak, of wanneer hulle op ‘n begeleide toer na ‘n wynplaas gaan. 


Kies uit ‘n groot versameling bottels in ons kelder en geniet die mees perfekte uitdrukking van ons landskap en sy mense.

ONS WYN-VERSAMELING

“ONS WOON ELKE JAAR DIE VEILINGS VAN DIE WYNMAKERGILDE EN NEDERBURG BY EN KOOP VAN DIE MEES SPESIALE WYNE.”

BEKROONDE PRODUKTE OP ONS DRUMPEL

Ons probeer om die plaaslike ekonomie te ondersteun in alles wat ons doen. Gelukkig is ons geleë in ‘n gebied met ‘n ryke verskeidenheid wynprodukte, wat ook die Pinot Noir-hoofstad van Suid-Afrika is.


Die vernaamste gebied waar ons wyne koop is die Overberg, wat strek van die Elgin-vallei, oor Botrivier, Hermanus, Stanford en Elim tot by Malgas naby Swellendam. Ons hou ook wyne aan van verder plekke en ‘n klompie vonkelwyne en sjampanjes van Frankryk, maar andersins is ons versameling trots plaaslik.

VOORBEELD SPYSKAART

ONS HET SOMMIGE VAN DIE HEEL BESTE WYNE

Art of Creation

Inspired by Nature and meticulously crafted by cellar-master Jean-Claude Martin, each single-vineyard wine in this range is the ultimate expression of its terroir and indeed an exquisite and multifaceted artwork in its own right

Cape Wine Makers Guild

Innovation, benchmarking and the sharing of knowledge spanning over thirty three years of winemaking excellence

Hamilton Russel Vineyards

Our Pinot noir is not overtly fruity, soft and “sweet” and it generally shows hints of that alluring “primal” character along with a dark, spicy, complex primary fruit perfume.

ONS SOMMELIERS

“OM GASTE OP DIE STRAND IN WALKERBAAI TE WYS HOE OM TE SABRAGE IS DIE HOOGTEPUNT VAN MY DAG.” EBEN BEZUIDENHOUD

Ons sommeliers het ‘n neus vir die ongewone. Hulle wil graag die heel beste wyn vir ons gaste vind, en hulle kennis is op jare se ervaring gegrond. Die bestudering van wynboukunde tot reise in die wêreld se bekendste wynstreke het hulle toegerus met dit wat nodig is om hierdie liefde vir wyn, sowel as die stories daaragter, met wynliefhebbers te deel.

EBEN  BEZUIDENHOUD

Newton Johnson 'Seadragon' Pinot Noir 2015

ERMELO  SITHOLE

Ataraxia Chardonnay

SANDI  NOTWALA

Art of Creation Chardonnay

SIMNIKIWE  MBOYI

Creation Viognier

WYN EN KOS AS PASMAATS

“ONS BIED ‘N 6-GANG SPYSKAART MET WYN EN KOS AS PASMAATS EN ELKEEN IS UNIEK.”

EET. DRINK. GENIET.

Die proe van verskillende wyne en geregte wat as perfekte pasmaats voorgesit word, is baie gewild onder ons gaste wat die smake van hierdie unieke streek waarlik wil ervaar. Vir groot groepe bied ons ‘n 6-gang spyskaart wat eenmalig opgestel en nooit herhaal word nie.


Kleiner groepe kan kies om aandete saam met ‘n sommellier te geniet. Hy sal allerlei stories oor die wyne vertel en verduidelik hoe elke item tot die spyskaart bydra en die beste in elke wyn beklemtoon. Dié geleenthede word met opset klein gehou, vir nie meer as agt gaste nie.

WYNTOERE

  • Die klimaat veroorsaak dat die druiwe langer en meer intens ryp word.
  • Pinot Noir, Chardonnay en Sauvignon Blanc is veral geskik vir die streek.
  • Etlike kelders is deur die Platter-gids met vyf sterre vir hulle wyne bekroon. 

Gaan saam met ons op ‘n toer van die gebied se beste wynplase en sien waar die wyne vandaan kom. Die gebied se ongelooflike verskeidenheid tipes grond en die verfrissende seebries dra by tot die unieke karakter van die wyne van die Overberg.


Dié gebiede is minder bekend as die nabygeleë wynroetes, maar dit maak die ervaring intiemer.  

Hemel-en-Aarde Route
Stanford Foothills Route
Elim Route
Geniet die warmte van ons hospitaliteit

Grootbos Foundation and global recognition

Grootbos is a world leader in sustainable tourism and has been awarded some of the highest international accolades possible, making us one of only a handful of lodges to achieve this.

Doen Navraag
Doen Navraag