Gesofistikeerde kontemporêre styl
Elegante eetplekke, 'n kroeg en sitkamer
Skoonlyne en groot vensters raam die uitsig
Ontwerp wat die pragtige landskap weerspieël

Forest Lodge

Moeder Natuur is deel van jou ervaring by Forest Lodge, in die botanies-geïnspireerde dekorkleure, die golwende dak of die groot vensters wat elke natuurlike meesterstuk omraam. Sit agteroor en ervaar die stilte in die kontemporêre en stylvolle argitektoniese pragstuk.  

Oorsig

Wandel deur die eeue oue Melkhoutbos tussen jou lieflike suite, en die lodge en voel hoe vreedsaamheid soos 'n sagte mis oor jou neerdaal. Met sy skoon lyne, elegante plafonne en enrome vensters is Forest Lodge die plek waar jy jou kan terugtrek en een word met die natuur.

Wat maak Forest Lodge so besonders?

Kronkelpaadjies deur die sproieksagtige Melkhoutbos tussen jou suite en die lodge

16 alleenstaande suites, ideaal vir romanse, sakeverblyf of om alleen te wees

Swembad en skemerkelk-dek met onoortreflike uitsig

Gesofistikeerde, moderne ontwerp wat die natuuurlike skoonheid van die omgewing weerspieël

Skoonheidsalon tussen varings en groot bome

Boma onder 'n Melkhoutboom vir etes in die buitelug

Uitsig oor 180 grade oor die see en fynbos

Kuns- en kunsvlytwinkels, konferensiesentrum, restaurant, wynkelder, kroeg en sitkamers

Restaurant

  • Elke maaltyd hier bars met kleur, geur en tekstuur.
  • Net die varsste bestanddele, so plaaslik moontlik verkry.
  • 'N Kulinêre en sensoriese ervaring hier wat jy binnekort nie sal vergeet nie. 
  • Kyk na die uitsig op die oseaan en geniet die bekroonde wyne.

Elke ete in ons Forest Lodge word tot in die fynste besoinderhede beplan, van die kruie wat delikaat oor ons gewilde Eiers Benedict gesprinkel word tot die uie-blatjang wat ons self maak, Ons gebruik net die varsste bestanddele, sover moontlik plaaslik verkry. Amper die helfte kom van Growing the Future, 'n projek vir die produksie van kos en maatskaplike opheffing, hier op die reservaat.
Jy sal die verskil proe, want elke ete hier is vol kleur, smaak en tekstuur. Etes in ons restaurant is perfek om tyd saam met geliefdes deur te bring terwyl jy oor die see tuur en bekroonde wyne van plaaslike produsente proe wat deur ons kundige sommelier aanbeveel word. 
Ongeag of jy buite op die dek in die vars lug sit, of knus voor die vuur, sal jy 'n kulinêre ervaring beleef wat jy nie gou sal vergeet nie.

Suites

  • Romanties, met groot badkamers, gesellige kaggels en die son wat sak
  • Luukse hemelbed en vergesigte oor ongerepte woude en die see
  • Stylvol ingerig in 'n sagte, natuurlike palet en lieflike meubels
  • Buitelug-stort, private houtdek en sitkamer 

Verblyf in Forest Lodge is dié manier om jou batterye te herlaai, van stres ontslae te raak en weer een te word met die natuur. Maak die deure oop, laat die natuur binnevloei, ontspan op jou eie houtdek, luister na die veraf-klanke van die see en voel hoe die res van die wêreld verdwyn.

Alle tariewe is gebaseer op volle verblyf en sluit baie van die reserwe-aktiwiteite in. Vind meer uit
Sien Tariewe

Getuigskrifte

The Forest Lodges were beautiful and the views amazing.

Ian Coburn - United Kingdom

Magnificent, the fynbos and the wonderful array of birds is any birdwatchers paradise not to mention the flora.

Nicolette Bosch - South Africa

We had a suite in the Forest Lodge with a private pool. It was absolutely incredible.

John Cooper - United States

We had a wonderful stay at Forrest Lodge - it is very modern in design, vast rooms.

Caroline Natnwich - United Kingdom

Superb dinner at Forest Lodge.

Malcom Harald - South Africa

Virtuele Toer

'n Virtuele toer wys wat Forest Lodge so besonders maak.

Greetig om meer te weet oor die verblyf by Forest Lodge?

Grootbos Foundation and global recognition

Grootbos is a world leader in sustainable tourism and has been awarded some of the highest international accolades possible, making us one of only a handful of lodges to achieve this.

Doen Navraag
Doen Navraag