Welkom By Garden Lodge

Panoramiese uitsigte, luukse geriewe en wêreldklas kulinêre uitnemendheid maak die Garden Lodge-ervaring onvergeetlik. Lees meer oor hierdie stylvolle, koolstof-negatiewe ekolodge.

GEÏNSPIREER DEUR DIE NATUUR

Die argitektuur van Garden Lodge is geïnspireer deur die asemrowende natuurskoon van die omliggende omgewing. Die dakbalke herinner aan die takke van oeroue melkhoutbome. Vensters wat van die vloer tot die dak strek, laat natuurlike lig in en beklemtoon die ononderbroke uitsigte. Die landskap en interieur vloei ineen en skep ‘n unieke, sintuiglike ervaring.

VERBIND TOT VOLHOUBAARHEID

By Grootbos is ons passievol oor ‘n volhoubare lewenstyl in harmonie met die natuur. Soos met al ons projekte, het hierdie etos ook die herbou van die Garden Lodge gerig. Die hergebruik van materiale van die oorspronklike gebou, eko-vriendelike water- en afvalbeheerstelsels, asook die gebruik van sonkrag en ander volhoubare energiebronne, is enkele van die volhoubaarheidspraktyke van die nuwe Lodge waarmee ons nader beweeg aan ‘n skoon, verantwoordelike leefstyl.

FAMILIE IS VIR ONS BELANGRIK

Garden Lodge het nog altyd gesinne met kinders van alle ouderdomme verwelkom. Met die huidige tendens van oud en jonk wat saam reis, is Garden Lodge die perfekte bestemming om spesiale oomblikke met geliefdes te deel. Die Lodge is ontwerp met gesinne en families in gedagte en beskik oor geriewe en aktiwiteite vir alle ouderdomme.

GARDEN LODGE, ENIG IN SY SOORT

Ontdek die toppunt van luuksheid in ongerepte natuurskoon.

11 LUUKSE, LOSSTAANDE SUITES

Garden Lodge se suites is so ontwerp dat dit as‘t ware deel word van ons inheemse tuine en die omliggende natuurskoon, en die asemrowende uitsig ten beste benut.

SPA & TERAPIE-AREA

Die kalm ruimte van ons spa bestaan uit drie terapiekamers en ‘n sauna. Ons gekwalifiseerde terapeute staan gereed om jou met ‘n verskeidenheid verfrissende behandelinge te bederf.

VERHITTE SWEMBAD

‘n Temperatuur-beheerde swembad verwelkom besoekers heeljaar. Vanuit ‘n kleiner, verhitte plonspoel kan gaste die asemrowende uitsigte met skemerkelkies geniet.

KINDERPROGRAM EN SPEELKAMER

Ons splinternuwe kinderkamer met ‘n woudtema spog met sy eie binnehof en ‘n verskeidenheid opwindende aktiwiteite.

ASEMROWENDE UITSIGTE

Vensters wat van die vloer tot die dak strek laat natuurlike lig in en bied ononderbroke uitsigte wat jou laat deel voel van die omringende landskap.

ONTWERP MET GESINNE IN GEDAGTE

Soos altyd, verwelkom ons steeds gesinne. Hierom bied Garden Lodge die perfekte balans tussen rustige afsondering en tyd vir saamwees.

Testimonials

Our villa was really great, a sea view straight out from the bed, a beautiful fireplace and one of the best bathrooms I've ever seen!

Chad S - United Kingdom

We had a suite in the Forest Lodge with a private pool. It was absolutely incredible.

John Cooper - United States

KULINÊRE ERVARING BY GROOTBOS

  • Beproef smake vanuit ons nuwe, vergrote kombuis terwyl jy asemrowende uitsigte geniet.
  • Deel ‘n intieme aand in die unieke atmosfeer van ons wynkelder.
  • Ervaar die magiese Afrika-hemelruim in ons onvergeetlike boma.

By Grootbos is elke maaltyd nie net ‘n fees vir die oog nie, maar ook vir die palet. Lees meer oor ons uitstekende onthaalareas.

ONS RESTAURANT
ELEGANTE WYNKELDER
DIE BETOWERENDE BOMA

GARDEN LODGE SUITES

‘n Wandeling deur ons welige inheemse tuine lei jou na ‘n losstaande suite wat één raak met die indrukwekkende natuurlike omgewing. Elkeen van die ruim, elegante suites is luuks toegerus om jou gemak vir ‘n onvergeetlike besoek te verseker.

RUSTIGE, LUUKSE AFSONDERING

Die Garden Lodge bestaan uit 11 losstaande eenhede, waarvan elkeen privaatheid, rustigheid en ononderbroke uitsigte bied.

TWEESLAAPKAMER GESINSEENHEDE

Die inklusiewe ontwerp van die Garden Lodge verwelkom paartjies sowel as gesinne. Ons ruim tweeslaapkamer-suites is die ideale spasie om kwaliteittyd met die hele gesin deur te bring wat spesiale herinneringe word.

SKILDERAGTIGE OMGEWING

Elkeen van die Garden Lodge suites is genestel in die magiese melkhoutwoud. Hierdie eeue-oue bome bied die nodige afsondering vir ‘n rustige, ongesteurde wegbreek.

KEURIGE STYL EN GEMAK

Elkeen van die Garden Lodge suites, met keurige dekor en ultramoderne geriewe, bied gaste wêreldklas luuksheid en onmiskenbare styl, sigbaar tot in die fynste detail.

RUSTIGE, LUUKSE AFSONDERING
TWEESLAAPKAMER GESINSEENHEDE
SKILDERAGTIGE OMGEWING
KEURIGE STYL EN GEMAK
Ons Opgeknapte Garden Lodge Suites - Nou Mooier En Luukser As Ooit Tevore - Is Gereed Vir Jou Besoek.
BEKYK SUITES

SPA EN TERAPIE-AREA

“Die perfekte plek om lyf en siel te ontspan en vernuwe, in harmonie met die natuur.”

Ontspan en verjong

Met ‘n span gekwalifiseerde terapeute, drie behandelingskamers en ‘n sauna, is daar geen beter plek vir ontspan en verjonging. Terwyl jy deur groot vensters die uitsigte aanskou en ‘n behandeling geniet, sal jy opnuut bewus raak van jouself en die natuur. 

KINDERPROGRAM EN SPEELKAMER

"'n Wonderwêreld vir Kinders"

Ons Opwindende Speelarea en Vermaakliklikheidsprogram

Kindervermaak is nou meer opwindend as ooit tevore by die Garden Lodge! Die kinderarea sluit in; ‘n ruim, omheinde buite-speelarea met klimrame asook ‘n binnenshuise speelarea met ‘n blaredak geïnspireer deur die melkhoutbome van die omgewing. Spesiaal aangepaste kinderprogramme verseker ure se vermaak in ‘n veilige omgewing vir ons jonger besoekers.

Vind meer uit oor ons alles-insluitende pakkette
Tariewe

Experiences at Grootbos

We’ve carefully curated a collection of one-of-a-kind experiences that reflect the diversity of this unique region we call home. 

Enjoy the warmth of our hospitality

Grootbos Foundation and global recognition

Grootbos is a world leader in sustainable tourism and has been awarded some of the highest international accolades possible, making us one of only a handful of lodges to achieve this.

Doen Navraag
Doen Navraag