Navrae Hier
« Terug na Lodges

Die jongste toevoeging tot die Grootbos-spogkompleks. Dié villa rus hoog teen die hange van die Duynefontein-berge en spog met 6 elegante wooneenhede. Gaste word hier bederf met 'n persoonlike lakei, kok en gids, asook skilderagtige uitsigte oor die walvisse in Walkerbaai.

  • Gim
  • Restaurant
  • Kroeg
  • Kamer Diens
  • Telefoon
  • Swembad
  • Televisie
  • Wakker Maak Oproep
  • Perdry Roetes
  • Internet

Eksklusiewe weelde en gerief in die ongerepte natuur

Die eksklusiewe Grootbos Villa is die jongste aanwins tot die Grootbos-ervaring en spog met 6 elegante suites, 'n persoonlike lakei, sjef en gids en ongeëwenaarde vergesigte van die walviskyk-mekka van Walkerbaai. Die villa is slegs vir eksklusiewe groepbesprekings en beslis een van die weelderigste villas in Suid-Afrika.

Knus genestel in die ryk plant- en dierekoninkryk van die Grootbos Natuurreservaat, bied dié villa die beste van twee wêrelde: uiterste weelde en gerief in 'n ongerepte wonderwêreld van veldblomme, inheemse fauna en flora en die beste wat die Kaapse fynbos-koninkryk kan bied net 'n klipgooi van die Atlantiese Oseaan en uitgestrekte strande.  

Gaste word gepamperlang in 'n woonkompleks van 1 000 m2 bestaande uit twee woonkamer-areas, private eetsaal, mediakamer met 'n groot TV-skerm en projektor, wynkelder, buitebraai-areas, private swembad asook 'n volledig-toegeruste kombuis. Gaste word voortdurend op die hande gedra deur 'n persoonlike lakei, sjef en gids wat seker maak dat daar in alle behoeftes voorsien word en dat besoekers niks misloop van die unieke Grootbos-ervaring nie.

 

Geriewe

 

  • 2 Hoof-suites met en suite-badkamer (bad, stort en buitestort)
  • 3 Luukse slaapkamers met en suite-badkamer (bad en stort)
  • 1 Luukse slaapkamer met en suite-badkamer (bad en stort)
  • 2 Sitkamers met satelliet TV
  • 1 Volledig-toegeruste kombuis met 'n stoorkamer en opwasplek
  • Eetkamer
  • Ontbyt-area
  • 2 buitebraai-areas en 1 binnebraai-area
  • Swembad
  • 1 Mediakamer met groot TV-skerm en projektor
  • 1 Toegeruste kantoor met Internet-toegang en telefoondiens
  • 1 Wynkelder
  • Volledig-toegeruste gimnasium
  • Ruim sondekke
  • Private landingstrook vir helikopters en private vliegtuie

Kom geniet 'n unieke Afrika-ervaring in een van die weelderigste villas in Suid-Afrika!