Navrae Hier
"Die beste voorbeeld van die bewaring van biodiversiteit wat ek ng gesien het. Grootbos s dit met blomme!" - David Bellamy (Britse Omgewingsbewaarder)

Oor Grootbos

Grootbos Private Natuurreservaat met sy vyfster-lodges en weelderige Villa is knus genestel teen skilderagtige fynbos- en woudbeklede berghange en bied asemrowende uitsigte oor Walkerbaai waar talryke walvisse aan die suidelike kuslyn van die Wes-Kaap baljaar. Woorde ontbreek om die diverse natuurskoon van dié omgewing te beskryf. Grootbos beywer hom vir die bewaring van die ekosisteem en om die wondere van dié pragstreek aan gaste ten toon te stel.

Danksy die ongelooflike biodiversiteit van die omgewing, wat ook die gunsteling-speelplek is van die see se Groot Vyf - walvisse, dolfyne, robbe, pikkewyne en Groot Withaaie - het Grootbos 'n unieke nis gevind in die mark van volhoubare en weelderige eko-toerisme. Dié multi-bekroonde reservaat van 2 500 hektaar spog met sowat 1 000 verskillende plantspesies. Dit is 'n ware lushof vir natuurliefhebbers waar hartlike gasvryheid, fynproewer-kookkuns en top-wyne van Suid-Afrika na hartelus geniet kan word in 'n ongerepte omgewing van ongekende natuurlike skoonheid.   
 
Die Grootbos Storie

Dit was die uitsig wat my oombliklik oorrompel het. Daardie skouspelagtige panoramiese vergesig oor Walkerbaai . . . tot by Valsbaai in die verte . . . Dit het my summier uitgeboul toe ons in Mei 1991 die eerste keer Grootbos toe gekom en op my toekomstige eiendom gestaan het. Lees Verder >>

Ontmoet Die Span

Grootbos handhaaf 'n trotse tradisie om aan sy gaste 'n unieke diens en ervaring te bied. Gaste sal dié tradisie herken aan die puik diens wat hulle van ons top-personeel ontvang. Lees Verder >>

Kaarte En Aanwysings

Alle paaie na Grootbos neem jou deur asemrowende landskappe van berge, see en eg-Kaapse wingerde, weidings en kleurryke fynbos-velde. Maak nie saak van watter rigting jy kom nie - die reis na Grootbos is deel van 'n skouspelagtige natuurlewe-avontuur in een van die mooiste plekke ter wêreld! Lees Verder >>

Die Gebied

'n Hanetreetjie van Grootbos lê Gansbaai, een van die wêreld se top-bestemmings vir duik-avonture met die omstrede Groot Withaai - ‘n ervaring van ‘n leeftyd! Die nabygeleë De Kelders en Walkerbaai is van die beste plekke in die wêreld om die Suidelike Noorkapper-walvisse van die land af te besigtig. Lees Verder >>

Toekennings

Grootbos Private Natuurreservaat het deur die jare al verskeie toekennings losgeslaan vir beide ons weelderige huisvesting en bewaringsprojekte. Ons is baie trots op elke prestasies omdat dit erkenning verleen aan ons pogings om 'n unieke en werklik ongeëwenaarde ekotoerisme-ervaring te skep. Lees Verder >>

Die Grootbos-veldgids

THE FIELD GUIDE TO THE FLORA OF GROOTBOS NATURE RESERVE AND THE WALKER BAY REGION deur Sean Privett en Heiner Lutzeyer. Die gids bevat 'n omvattende beskrywing van 410 van die sowat 765 gedokumenteerde plantspesies op die reservaat, met spesiale verwysing na sierplante en dié wat algemeen in 'n groter area tussen Gansbaai en Stanford aangetref word. Lees Verder >>