Navrae Hier
Ons reŽl daaglikse gerieflike vervoer na Grootbos vanaf Kaapstad en/of die Tuinroete.
Ons het ook 'n private vliegveld en tref graag die vlugreŽlings vir jou besoek!


Verskillende roetes na Grootbos:

Alle paaie na Grootbos neem jou deur asemrowende landskappe van berge, see en eg-Kaapse wingerde, weidings en kleurryke fynbos-velde. Maak nie saak van watter rigting jy kom nie - die reis na Grootbos is deel van 'n skouspelagtige natuurlewe-avontuur in een van die mooiste plekke ter wêreld!

Padaanwysings: Hoe om by ons uit te kom:
Vanaf Kaapstad: Volg die N2 verby die Kaapstad Internasionale Lughawe tot in Somerset-Wes. By die laaste verkeerslig op die N2 in Somerset-Wes kan jy kies tussen die kusroete op die R44 of die N2-roete oor Sir Lowry's Pas tot in Hermanus. 
 
N2-roete: Hou reguit aan op die N2 oor Sir Lowry's Pas en die Houhoek Pas en volg die R43 na Hermanus. 
Kusroete: Draai regs op die R44 by Gordon's Baai en volg die R44-kusroete tot in Hermanus. 
Ry deur Hermanus en volg die R43-padaanwysings na Stanford en Gansbaai. Die Grootbos-afdraai is 13 km vanaf Stanford onderweg na Gansbaai.     
 
Vanaf die Tuinroete:  Volg die N2 verby Swellendam en Riviersonderend tot sowat 10 km anderkant Riviersonderend. Draai af op die R326 na Stanford en volg die padaanwysings. By Stanford, draai links op die R43 na Gansbaai. Grootbos is 13 km vanaf Stanford op die R326-roete na Gansbaai.
 
Skilderagtige kusroete - Kaapstad na Grootbos

Die R44-kuspad vanaf Gordon's Baai tot in Hermanus, ook bekend as die Kaapse Walvis-roete, is een van die mooiste uitsig-roetes in suidelike Afrika. Die pad kronkel al langs die kuslyn verby prentjie-mooi strand-dorpies soos Rooi-Els en Pringlebaai en bied skouspelagtige uitsigte oor die hele Valsbaai. Tussen Julie en November kan die bedreigde Suidelike Noorkapper-walvisse oral vanaf die talle uitsigpunte gesien word. Verder weswaarts strek die ongerepte Kogelberg Natuurreservaat met sy verruklike fynbos-velde aan die suidelike soom van die rotsagtige Hottentots-Holland-bergreeks. Die berg- en see-uitsigte aan weerskante van die pad is sprokiesmooi met hoë bergpieke en groen valleie wat die pad omsoom tot by die ongerepte Palmiet-rivier.

By Bettiesbaai is 'n besoek aan die bekende Stony Point beslis die moeite werd. Dit is een van net drie landelike broeiplekke van die Brilpikkewyn in Suid-Afrika. Die kostelike manelpakdraers kan van 'n spesiale platform bekyk word en is veral woelig wanneer hulle van hul daaglikse visvangekspedisies terugkeer. Dié seldsame pikkewyn is een van 18 pikkewynspesies in die wêreld en die enigste wat langs die Afrika-kuslyn broei. Verskeie wandelpaadjies lei tot by die broeikolonies om hulle van naderby te besigtig.
Onderweg na Kleinmond is die bekende Harold Porter Botaniese Tuin met sy indrukwekkende verskeidenheid van seldsame inheemse plant- en voëlspesies. Kleinmond is 'n pragtige kusdorpie en veral die riviermonding en die gewilde Haweweg-kunsstraat met sy talle restaurante en kunswinkeltjies is gesogte kuierplekke.
 
Vanaf Kleinmond is dit net 'n hanetreetjie langs die pragtige R43-roete tot in Hermanus, een van die wêreld se top-bestemmings om die suidelike noorkappers van die land af te besigtig. Die pad na Stanford en Gansbaai kronkel langs skilderagtige landskappe van berge, wyn- en olyfplase en ongerepte fynbos-velde. Draai links by die Grootbos-afdraai sowat 13 km anderkant Stanford en ontspan: Ons vriendelike personeel sal jou met 'n yskoue drankie verwelkom terwyl jy jou verlustig in die panoramiese uitsigte oor Walkerbaai en Gansbaai!
 
GPS KoŲrdineer: S -34,55067 O 19,41581