Die wêreld het natuurlike skoonheid gesien
Ons het 'n geleentheid gesien.
Who We Are

In 1991 het die Lutzeyer-familie die eerste keer ‘n klein plasie in die asemrowned mooi omgewing teen die fynbos-hange van Walkerbaai gesien. In 1994 het Michael sy sakebelange in Kaapstad verkoop en besluit om daar ‘n bed-en-ontbyt-onderneming vir plaaslike besoekers te begin. Min het hy geweet dat besoekers van oor die wêreld heen baie gou daarheen gelok sou word. Sedertdien het die Lutzeyers die reservaat deur harde werk, geesdrif, visie en samewerking deur die familie ontwikkel tot ‘n wêreldleier op die gebied van progressiewe luukse-toerisme; in die proses is die lewe van lede van die omliggende gemeenskap verbeter, en ‘n skat van 2500 hektaar veld- en wildlewe bewaar. 

Progressief en inklusief
Dis die enigste pad vorentoe.
Wat ons glo

Ons bewaar nie net die omgewing nie. Ons is diep geïntegreer en ondersteunend met ons ekosisteem, wat voortdurend baanbreek

Ons doen meer as om net die pragtige veld rondom ons te bewaar. Ons is gedurig besig met navorsing, innovering en pionierswerk, waarvoor ons al met verskeie ekotoersime-pryse bekroon is.
Ons reservaat bied jou die geleentheid om die unieke fynbos-koninkryk en oeroue bos van Grootbos te ervaar, met 791 plantspesies, 118 voëlspesies, 29 soogdiere en 21 amfibieë – waarvan sommige deur uitwissing bedreig word.

Almal wil ware vrede ervaar.
Ons doen dit deur in harmonie met die natuur te lewe.
Meer as ‘n luukse reiservaring

Uitsonderlike ervarings

Ons deeglik beplande ervarings bied jou die kans om te groei, te leer en te ontdek. Of dit nou is om walvisse en hulle kalfies in die see raak te sien, om te leer hoe bye blomme bestuif of om mense te ontmoet wat passievol die wêreld help verander, dit sal alles daartoe bydra om jou oë – en jou hart – oop te maak.

‘n Organiese leefwyse

Die varsste lug, die skoonste water en die mees ongerepte uitsig: verblyf by Grootbos verskaf ‘n kykie in ‘n waarlik organiese leefwyse. Baie van die kos wat ons bedien word hier op die reservaat gekweek, en mens kan dit in elke mondvol proe.

Algehele ontspanning

Voel die son op jou vel en geniet die reuk van die fynbos in die wonderwêreld rondom jou. Daar is ook oorgenoeg genietinge hier om jou na liggaam en siel te voed. 

Weergalose luukse word gekombineer met ‘n natuurlike manier van lewe om ‘n meer betekenisvolle verbintenis met die aarde, ander mense en jouself moontlik te maak. 

Die gemeenskap. Personeel. Gaste.
Mense is vir ons belangrik.
Ontmoet hulle

Studente, van verskeie studierigtings, wat internskap doen, soos dié groep van 64, reis elke jaar van oor die wêreld heen na Grootbos om by die Grootbos Foundation te werk en so te help om ‘n verskil in mense se lewe te maak.

Elke jaar kry drie van ons Green Futures-studente die ongelooflike geleentheid om ‘n ruk lank in Engeland by die Eden-projek, ‘n bekende toeristebestemming in Cornwall, te werk.

Meer as 7 000 lede van die gemeenskap het verlede jaar by inisiatiewe van die Grootbos Foundation baat gevind.

Drink water uit ‘n fontein in die berg. Ontspan by kerslig in ‘n bad. Bloot deur by Grootbos tuis te gaan help jy plaaslike mense en hulle families deur klein sakeondernemings te ondersteun.

Geniet die warmte van ons hospitaliteit

Grootbos Foundation and global recognition

Grootbos is a world leader in sustainable tourism and has been awarded some of the highest international accolades possible, making us one of only a handful of lodges to achieve this.

Doen Navraag
Doen Navraag