Navrae Hier
Tariewe, Terme en Voorwaardes
Tariewe sluit alle etes en die volgende in :
  • Verwelkomingsdrankie by aankoms
  • Vars vrugte en blomme in jou kamer by aankoms
  • Buffet-ontbyt met volledige Engelse ontbyt-spyskaart
  • Ligte middagetes 
  • Vyfgang-aandetes  
  • Perdry-ritte vir beginners en ervare ruiters
  • Begeleide staptoere deur onder meer fynbos-velde en Melkhoutwoude 
  • Uitstappies na onder meer die  Walkerbaai Natuurreservaat, De Kelders-kuswandelroete, Klipgat-grotte
  • Vervoer na en van alle aktiwiteite 
Nie ingesluit by Tariewe
  • Alle drankies (alkoholies en nie-alkoholies)
  • Wasserydiens en minikroeg
  • Bootvaarte, bykomende Spa-behandelings, uitsig-vlugte
  • Persoonlike uitgawes  (telefoonoproepe, inkopies by die Grootbos Aandenkingswinkel)
Voorwaardes vir Bespreking
  • Tariewe sluit in BTW @ 14% en kwotasies is gebaseer op die SA Rand (onderhewig aan veranderings).
  • Alle besprekings vereis vooruitbetaling van 30 dae voor die dag van aankoms!
  • By op die laaste nippertjie-besprekings moet die volle bedrag vereffen word by bevestiging!
  • Alle versoeke, bevestigings en kansellasies moet skriftelik gedoen word.
  • Voorlopige besprekings geld vir 7 dae soos aangedui met voorlopige bevestiging; daarna sal die bespreking outomaties vrygestel word.
  • Forest Lodge aanvaar slegs kinders bo die ouderdom van 12 jaar.
  • Garden Lodge aanvaar kinders van alle ouderdomme.
 
Kansellasies
Die kansellasie-fooi is ‘n persentasie van die volle verblyfskoste.
Tot 31 dae voor aanvang van reis: 0% kansellasie-fooi
30 – 25 dae voor aanvang van reis: 40% kansellasie-fooi
24 – 18 dae voor aanvang van reis: 50% kansellasie-fooi
17 – 11 dae voor aanvang van reis: 60% kansellasie-fooi
10 – 4 dae voor aanvang van reis: 80% kansellasie-fooi
3 – 0 dae voor aanvang van reis: 90% kansellasie-fooi