Navrae Hier

'n Stukkie Eden wat die geheime van die siel eggo

Grootbos Private Natuurreservaat is 'n stukkie aardse paradys met hemelse bekoring in die hartjie van die wêreldberoemde Kaapse fynbos- en wildlewe-koninkryk. Omring deur berge en see waar 'n malse verskeidenheid van rare veldblomme, diere en voëls floreer, is dié oord 'n ware oase waar die ongerepte natuurskoon selfs die weelderigste gerief en gemak oorskadu.

Die twee indrukwekkende lodges, 27 spog-wooneenhede en eksklusiewe villa is kunstig ontwerp om saam te smelt met die omliggende fynbos-blomvlaktes en melkhout-woude wat die hange van die Duynefontein-berge in 'n kleurespel omskep. Al die geboue en wooneenhede bied verruklike berg- en see-uitsigte oor die hele Walkerbaai-kuslyn en Gansbaai - een van die beste plekke ter wêreld vir walviskyk- en haaiduikavonture.

Die reservaat van 2 500 hektaar is net 150 km vanaf Kaapstad op die pragtige walvis-roete tussen Hermanus en die gesogte Tuinroete. Die skoon, vars berg- en seelug en diverse landskappe maak dit ook die ideale tuiste vir talryke bedreigde inheemse voël-, plant- en dierespesies - op land en see!

Grootbos se grootste trefkrag lê in die fyn balans wat gehandhaaf word tussen vyfster-verblyf en gerief en die bewaring van die unieke en onaangeraakte natuurlewe van dié omgewing. Hier kan jy jou verlustig in uitsoek-geregte en wyne uit die Overberg se grond terwyl die walvisse en dolfyne net 'n klipgooi verder in die branders baljaar. Om die son te sien sak oor die uitgestrekte Walkerbaai so ver as wat die oog kan sien, is 'n onbeskryflike gesig.

Kom verken en ervaar dié sprokiesmooi omgewing te voet, te perd of per viertrek-voertuig saam met Grootbos se spesialis-toergidse - dis 'n reis deur 'n wonderwêreld wat nét die natuur kan skep!

Reis saam op 'n virtuele verbeeldingstoer!

Ons Lodges

Grootbos se kenmerkende treffer-kombinasie van eksotiese weelde en aardse gerief is geïnspireer deur die weergalose skoonheid van die natuur wat dié spogoord omring en voed.

Meer besonderhede hier »

Ons Ervarings

Benewens vyfster-weelde en gerief in een van die mooiste en mees ongerepte plekke in die wêreld, word 'n magdom verskillende aktiwiteite ook aangebied om te verseker dat gaste hulle kuiertjie by ons geniet.

Meer besonderhede hier »

Aanwysings

Alle paaie na Grootbos neem jou deur asemrowende landskappe van berge, see en eg-Kaapse wingerde, weidings en kleurryke fynbos-velde. Maak nie saak van watter rigting jy kom nie.

Meer besonderhede hier »