Navrae Hier

Wat om te doen op Grootbos

'n Besoek aan Grootbos is 'n onvergeetlike belewenis in vele opsigte. Benewens vyfster-weelde en gerief in een van die mooiste en mees ongerepte plekke in die wêreld, word 'n magdom verskillende aktiwiteite ook aangebied om te verseker dat gaste hulle kuiertjie by ons geniet.

Ons spesialis-gidse vergesel besoekers op stap- , perdry- en 4x4-roetes deur die fynbosvelde en woude op die reservaat; uitstappies na De Kelders en Walkerbaai om die Suidelike Noorkapper-walvisse vanaf die beste land-uitkykpunte te besigtig; strand-uitstappies en pieknieks langs die ongerepte kuslyn van Die Plaat; besoeke aan plekke van argeologiese en kultuurhistoriese belang; walviskyk-bootvaarte asook bootvaarte na die nabygeleë Dyer-eiland om die see se eie Groot Vyf van naderby te bekyk - walvisse, dolfyne, pikkewyne, robbe en withaaie. Grootbos reël ook haaiduik-avonture in samewerking met Marine Dynamics en spesiale vlugte in samewerking met African Wings vir diegene wat die verruklike natuurskoon vanuit die lug wil besigtig.
 
 
balene.jpg

Walviskyk-toere

Grootbos Private Natuurreservaat bied sy gaste van die beste walviskyk-geleenthede ter wêreld - van die land, see en lug! Hier kan jy die seldsame Suidelike Noorkapper-walvisse van die talle uitsigpunte op land, vanaf 'n boot of selfs uit 'n vliegtuig bekyk! Die verskillende walviskyk-toere is deel van die Grootbos-ervaring en geen vooraf-reëlings of besprekings is nodig nie.

safari fiori 5.jpg

Blomkyk-safari's

Ons begeleide stap- en 4x4-roetes neem jou nie net deur skilderagtige Melkhoutwoude en berglandskappe nie, maar ook deur 'n deel van die bekroonde Kaapse Blommeryk waar meer as 750 seldsame fynbosspesies, 250 voëlspesies en 'n magdom soogdiere, reptiele en insekte aangetref word. 

Strande by Grootbos.jpg

Strande

Die Gansbaai-kuslyn is 'n wonderlike, ongerepte wêreld van eindelose wit strande, kranse, klowe en verruklike rotsformasies wat iets vir elkeen bied. Die kuslyn strek oor 50 km vanaf Walkerbaai langs die Danger Point-skiereiland en Franskraal tot in Pearly Beach. 
Grootbos Strande en Grotte 1.jpg

Klipgat-grotte

Die Klipgat-grotte langs De Kelders neem 'n mens terug na pre-historiese tye toe die eerste oermense rustig in harmonie met die natuur gelewe het lank voordat die see die Walkerbaai-kuslyn gevorm het.

gita a cavallo 1.jpg

Perdry-roetes

Min dinge gee 'n mens so 'n gevoel van ongebonde vryheid as om te perd deur ongerepte veldblom-velde of langs uitgestrekte strande te draf of galop. 

gabbia squalo bianco immersioni 7.jpg

Haaihokduik

Gansbaai is bekend as die beste plek ter wêreld vir haaihok-duik. Duikers en avonturiers kom van heinde en ver om die ontsagwekkende Groot Withaaie rondom Dyer-eiland van naderby te besigtig.

Groot Fyf 1.jpg

Die see se eie Groot Vyf

Min plekke kan spog met só 'n ryk en unieke natuurlewe soos die Gansbaai-omgewing. Kom kyk hoe die Groot Vyf van die see hier in die water baljaar. Dis 'n onvergeetlike belewenis om soveel walvisse, dolfyne, robbe, pikkewyne en haaie op een plek te kry en van naderby te bekyk.
 
voli panoramici 1.jpg

Uitsig-Vlugte

'n Uitsig-vlug saam met Grootbos en African Wings gee jou drome vlerke om die vryheid van die lug en 'n arendsblik van die magtige oseaan met sy skatkis vol geheime te ervaar!