Beleef 'n koninkryk

Botaniese 4X4-rit/safari

Ervaar ‘n 4X4 botaniese safari in ‘n oop Land Rover en word deel van die omgewing met die wind wat deur jou hare speel op ‘n rit verby plate blomme en kry ‘n nuwe perspektief van die bergpieke af.

Klein, verruklike wêrelde

Bly tjoestil, luister aandagtig en jy sal verstom wees oor wat jy op ‘n botaniese safari leer. Met die rykste verskeidenheid flora in die wêreld en ses nuwe spesies wat nog nooit vantevore deur wetenskaplikes beskryf is nie, beteken dit dat jy ná jou verblyf op Grootbos nooit weer soos vantevore na plante sal kyk nie.


Die 785 plantspesies wat op ons 2 500 hektaar veld opgeteken is, maak die fassinerende verhaal van fynbos en woud ‘n werklikheid terwyl jy die natuurlike klein wonderwerke rondom jou ruik, sien en daaraan kan raak. Leer hoe ‘n suikerbekkie se bek perfek in ‘n blomkelk inpas, hoekom die heuning wat ons bye vervaardig heeltemal uniek is en hoe belangrik brande in die lewensiklus van fynbos is.

  • Geniet die wind in jou hare en die son op jou vel tydens dié sensoriese avontuur.
  • Leer hoe inwoners fynbos oor eeue heen gebruik het.
  • Begryp waarom jou omgewing belangrik is, en sien skoonheid wat jou altyd sal bybly. 

Van ons kundige gidse

Jo de Villiers
"Om deur die Fynbos te stap is een van die mees magiese ervarings wat jy ooit in jou lewe sal hê  "

Getuigskrifte

South Africa's best by the Sea. Loads of amazing plants and birds to learn about

Amanda Branson - Australia

Lovely ride along the property learning about the plants and the birds.

Juliane McClure - United States

Luxury with nature to enjoy - Home of the "Marine Big 5" and with unparalleled floral diversity.

Chris Devas - Canada

Amazing few days in glamorous wilderness resort.

Niamh G - United Kingdom

Secluded without being isolated, many amazing activities are included such as horse riding, 4x4 safari and nature walks.

Amanda M - Australia
Geniet die warmte van ons hospitaliteit

Grootbos Foundation and global recognition

Grootbos is a world leader in sustainable tourism and has been awarded some of the highest international accolades possible, making us one of only a handful of lodges to achieve this.

Doen Navraag
Doen Navraag