Navrae Hier

Wat om te doen op Grootbos

'n Besoek aan Grootbos is 'n onvergeetlike belewenis in vele opsigte. Benewens vyfster-weelde en gerief in een van die mooiste en mees ongerepte plekke in die wêreld, word 'n magdom verskillende aktiwiteite ook aangebied om te verseker dat gaste hulle kuiertjie by ons geniet.

Ons spesialis-gidse vergesel besoekers op stap- , perdry- en 4x4-roetes deur die fynbosvelde en woude op die reservaat; uitstappies na De Kelders en Walkerbaai om die Suidelike Noorkapper-walvisse vanaf die beste land-uitkykpunte te besigtig; strand-uitstappies en pieknieks langs die ongerepte kuslyn van Die Plaat; besoeke aan plekke van argeologiese en kultuurhistoriese belang; walviskyk-bootvaarte asook bootvaarte na die nabygeleë Dyer-eiland om die see se eie Groot Vyf van naderby te bekyk - walvisse, dolfyne, pikkewyne, robbe en withaaie. Grootbos reël ook haaiduik-avonture in samewerking met Marine Dynamics en spesiale vlugte in samewerking met African Wings vir diegene wat die verruklike natuurskoon vanuit die lug wil besigtig.
 
 
Sunsets.jpg

Uitsig en sonsondergange

Die panoramiese vergesigte van berglandskappe en eindelose strande vanaf die Grootbos Natuurreservaat is 'n ongelooflike ervaring. Kom ontspan in die skoon berglug waar uitgestrekte velde vol veldblomme wieg in die vars seebries terwyl die ondergaande son Walkerbaai in 'n skouspel van kleur omtower.

birdwatching 1.jpg

Volkyk-toere

Voëlkyk is baie soos sterrekyk. In wolklose toestande sien jy duisende van dié flikkerende en flonkerende juweeltjies in die lug en as jy eers weet wáár en waarvóór om te soek, is jy verstom oor die eteriese skoonheid en orde in hul ewige gang.

Grootbos Skoonheids terapy.jpg

Die Bloom Skoonheidsalon

Diegene wat net wil ontspan en ‘n bietjie bederf soek, kan kies en keur uit ‘n wye verskeidenheid van spa-behandelings. 

cantine vigneti.jpg

Wyntoere

Die groter Gansbaai-omgewing spog met 'n hele aantal bekroonde wynlandgoedere waar fynproewers die gesogte vog van die wingerd kan proe, geniet en koop.