Navrae Hier

Diegene wat net wil ontspan en ‘n bietjie bederf soek, kan kies en keur uit ‘n wye verskeidenheid van spa-behandelings. Sink weg in ‘n geurige oase en laat die gedagtes wegdryf op die welriekende dampe van luukse-olies soos arnica, sandelolie en boegoe, en voel hoe die spanning uit die lyf vloei onder die strelende hande van ons professionele skoonheidsterapeut.

Dié bederfies vind in die privaatheid van jou eie suite plaas. Niks is so kalmerend en terapeuties vir ‘n moeë liggaam as ‘n vollyf-massering nie!  Moeë voete kry vinnig weer woema met ‘n refleksologie-sessie en ‘n helende voetbad! 

Manikure, pedikure, gesigsbehandelings en talle ander lekkervoel-behandelings is op versoek beskikbaar by ons Bloom Skoonheidsalon.