Ongerepte kus om te verken

Kus-safari (Grot-toer en strande)

Op ons strande is dit asof die tyd stilstaan. Of jy jou voete tydens ‘n alleen-wandeling in die skoon wit sand laat wegsink, of meer oor die ontstaan van die mensdom tydens ons grottoer leer –  jy sal nader aan die aarde voel terwyl jy die verruklike kuslyn verken.

Die mooiste strande ter wêreld

Tel ‘n skulp op terwyl jy saam met ‘n gids op die strand rondstap. Baljaar alleen in die branders. Of lê sommer net in die son op die sand. ‘n Besoek aan ons strande beteken dat jy kan ontspan en geïnspireer kan word, of alleentyd kan ervaar. Die keuse is joune.


Enkele kilometer van ons af is strande sonder enige inwoners, en totaal ongeskonde. Ons gidse weet van al die beste plekke en hulle sal jou soontoe neem en terugbring, en ons kan ook vir ‘n heerlike piekniekmandjie sorg.

  • Ons sal vir gaste sambrele, strandhanddoeke en ander benodigdhede inpak.
  • Ervaar van die mooiste sonsondergange wat jy al ooit gesien het of geniet ‘n romantiese wandeling langs die see.

Leer en verken

Ons begeleide grottoer in die dramatiese kalksteen-rotse van De Kelders sal jou ‘n wêreld uit die Steentydperk wys toe die grotte die tuiste van die Khoi, of Boesmans, was. Jy sal kan sien hoe hulle geleef het in Klipgat-grot, ‘n Wêrelderfenis-gebied. Dit sal geleentheid vir pragtige foto’s bied.
Dit is een van net drie plekke in Suid-Afrika waar sulke ou oorblyfsles gevind is. Leer meer daaroor deur te luister na die ingeligte kommentaar van ons gidse, en word so deel van ‘n vergange era.

  • Geniet die vars seelug met die oseaan rondom jou.
  • Leer meer oor die marine-lewe en soek die skaars Swarttobie (Black Oyster Catcher), ‘n see-otter en ander kusdiere.

Van ons kundige gidse

Clayton Niemand
"'n Toer van die grotte is 'n onvergeetlike ervaring, leer hoe lewe soos ons dit ken, van die Khoisan ontstaan het."

Getuigskrifte

Magnificent - whale watching is a must, whether from the deck of your room or a coastal walk or by boat.

Nicolette Barnes - South Africa

Tranquil beauty - we enjoyed horseback riding, 4x4 tour, caves, whale watching, the spa and of course the food. There were other activities offered but our kids loved the horses.

Wesley Bewick - Gabon

Exceptional place, we enjoyed wonderful sundowners as we watched for whales, flew above the bay to watch whales from the sky and went on a flower safari.

Charlotte Murray - United States

Amazing few days in glamorous wilderness resort.

Niamh G - United Kingdom

Luxury with nature to enjoy - Home of the "Marine Big 5" and with unparalleled floral diversity.

Chris Devas - Canada
Geniet die warmte van ons hospitaliteit

Grootbos Foundation and global recognition

Grootbos is a world leader in sustainable tourism and has been awarded some of the highest international accolades possible, making us one of only a handful of lodges to achieve this.

Doen Navraag
Doen Navraag