Kleur. Verskeidenheid. Wonderwêreld

Voëlkyk

Die gekwetter van voëls wat jou met jou aankoms by Grootbos begroet, laat jou besef dat voëlkyk hier nie sommer doodgewoon gaan wees nie. Met 26 spesies wat endemies aan die streek is, sal jy beslis ‘n hele paar uitsonderlike voëls sien.

'n Unieke voëlkyk-gebied aan die kus

Met 118 voëlspesies kan Grootbos gesoute voëlkykers en nuwelinge ‘n ryke voëlkyk-ervaring bied. Sien die helder oranje van die Suikerbekkie se borsie, kyk hoe ‘n Kaapse Suikervoël nektar uit ‘n blomkelk drink of sien die skaars Witkruisvleivalk (Black Harrier) raak.


Koel woude, die rotsagtige kuslyn en onverstoorde riviermondings verskaf ‘n manjifieke agtergrond vir ons voëlkyk-uitstappies. Ons ervare gidse sal fassinerende feite met gaste deel en hulle help om skaars en endemiese voëls raak te sien wat in die onderskeie ekostelsels kos soek en broei.

  • Gaan op ‘n begeleide voëlkyk-uitstappie, onderneem ‘n kort wandeling of kyk sommer hoeveel voëls jy van jou suite af kan raaksien.
  • Wees op die uitkyk vir die Witkruisvleivalk, Knysna Speg, Grysbors Tjagra en Kaapse Kliplyster.
  • Opgedateerde voëllyste en -boeke is beskikbaar.

Van ons kundige gidse

Jo de Villiers
"Verswelg jouself in die diversiteit van die fynbos voëllewe"

Getuigskrifte

Magnificent, the fynbos and the wonderful array of birds is any birdwatchers paradise not to mention the flora.

Nicolette Bosch - South Africa

Grootbos hit the nail on the head. We enjoyed their outings of bird watching.

Michael Perry - United States

South Africa's best by the Sea. Loads of amazing plants and birds to learn about

Amanda Branson - Australia

Amazing few days in glamorous wilderness resort.

Niamh G - United Kingdom
Geniet die warmte van ons hospitaliteit

Grootbos Foundation and global recognition

Grootbos is a world leader in sustainable tourism and has been awarded some of the highest international accolades possible, making us one of only a handful of lodges to achieve this.

Doen Navraag
Doen Navraag