Tariewe

Ons tariewe sluit alle etes in vir die duur van u verblyf, en 'n verskeidenheid van begeleide avonture op land. Vir meer besonderhede, raadpleeg die afdeling Wat is ingesluit onder die tarief tabel.

Alle tariewe is gebaseer op volle verblyf en sluit ook baie van die reserwe-aktiwiteite in. Kyk na die paneel hieronder om te sien wat ingesluit is in ons koers

Select a different currency:

Forex rates are estimated based on current exchange rates. These are subject to change without notice.

Luukse Suite
Garden Lodge, Forest Lodge
High Season (11 Jan 2024 - 30 Apr 2024)

Prys per nag

2 Adults R 25 000
1 Adult R 18 750
Low Season (1 May 2024 - 15 Jul 2024)

Prys per nag

2 Adults R 20 400
1 Adult R 15 300
High Season (16 Jul 2024 - 15 Dec 2024)

Prys per nag

2 Adults R 28 000
1 Adult R 21 000
Peak Season (16 Dec 2024 - 10 Jan 2025)

Prys per nag

2 Adults R 30 000
1 Adult R 22 500
High Season (11 Jan 2025 - 30 Apr 2025)

Prys per nag

2 Adults R 28 000
1 Adult R 21 000
Gesins Suite
Garden Lodge
High Season (11 Jan 2024 - 30 Apr 2024)

Prys per nag

2 Adults and 3 Children Sharing Vanaf
R 43 750
Low Season (1 May 2024 - 15 Jul 2024)

Prys per nag

2 Adults and 3 Children Sharing Vanaf
R 35 700
High Season (16 Jul 2024 - 15 Dec 2024)

Prys per nag

2 Adults and 3 Children Sharing Vanaf
R 49 000
Peak Season (16 Dec 2024 - 10 Jan 2025)

Prys per nag

2 Adults and 3 Children Sharing Vanaf
R 52 500
High Season (11 Jan 2025 - 30 Apr 2025)

Prys per nag

2 Adults and 3 Children Sharing Vanaf
R 49 000
6 Slaapkamer Villa
Private Villas
4 Slaapkamer Villa
Private Villas
Kamer Tipe Aantal Gaste High Season (11 Jan 2024 - 30 Apr 2024) Low Season (1 May 2024 - 15 Jul 2024) High Season (16 Jul 2024 - 15 Dec 2024) Peak Season (16 Dec 2024 - 10 Jan 2025) High Season (11 Jan 2025 - 30 Apr 2025)
Prys per nag Prys per nag Prys per nag Prys per nag Prys per nag
Luukse Suite (Garden Lodge, Forest Lodge) 1 Adult R 18 750 R 15 300 R 21 000 R 22 500 R 21 000
2 Adults R 25 000 R 20 400 R 28 000 R 30 000 R 28 000
Gesins Suite (Garden Lodge) 2 Adults and 3 Children Sharing Vanaf
R 43 750
Vanaf
R 35 700
Vanaf
R 49 000
Vanaf
R 52 500
Vanaf
R 49 000

VERBLYF SLUIT IN

5-STER AKKOMMODASIE IN ALLEENSTAANDE SUITES

Ons luukse akkommodasie laat ons gaste een word met die ongerepte natuurlike omgewing en laat hulle volkome ontspan. Elke alleenstaande suite is uniek, elegant en stylvol en het al die gerief wat ons gaste kan begeer.

6-GANG AANDETE

Die hoofsjef, Ben Conradie, soek al sy bestanddele met die grootste sorg uit en hy weet waar elke enkele deeltjie wat op jou bord beland vandaan kom. Ons sesgang-aandete bevat watertand-geregte wat vir ‘n ongelooflike reis van smaaksensasie sorg.

PERD- EN BERGFIETSRY

Klim in die saal vir ‘n perdry-avontuur deur die fynbos-velde en galop in die vlak water op die strand. Gaan ry op ons bergfietsroetes wat jou deur die reservaat en die vallei oortrek met blomme neem.

ONTBYT-BUFFET & ENGLESE ONTBYT

Begin elke dag met ‘n heilsame en heerlike ontbyt van plaaslike bestanddele. Ons hoofsjef, Benjamin Conradie, staan reg om aan enige smake en vereistes te voldoen.

BEGELEIDE WANDELINGE EN STAPROETES

Ervaar die ongelooflike verskeidenheid van fauna en flora by Grootbos saam met ‘n gids. Ons ingeligte gidse sal jou op ‘n inspirerende reis neem deur hierdie eeue oue en unieke bestemming vol interessante en interaktiewe verhale.

RITTE EN WANDELINGE DEUR DIE NATUUR EN AAN DIE KUS

Verken ons 791 blomspesies oor 2 500 hektaar tydens een van ons 4X4-safari-ritte, of ry al langs ons kuspaaie op soek na een of meer van ons beroemde Groot Vyf van die See.

VERVOER NA/VAN ALLE AKTIWITIETE

Vervoer na/van ingeslote sowel as bykomende aktiwiteite is by die tariewe ingesluit. Vervoer na en van die lughawe kan teen ‘n bykomende tarief voor aankoms gereël word.

3-GANG MIDDAGETE

Ons heerlike drie-gang middagete is net wat jy nodig het voor die avonture wat die middag inhou. Al ons geregte word gemaak van vars bestanddele uit ons tuine of van die omliggende hawens.

Kom ons help jou om 'n magiese Afrika-reis te skep
Ingesluit en uitgesluit

Alle tariewe is gebaseer op volle verblyf, en sluit in:

  • Akkommodasie in alleenstaande suites
  • Verwelkominsgdrankie met aankoms
  • Vars vrugte elke dag in die suite
  • Ontbyt-buffet en volle Engelse ontbytspyskaart
  • Ligte middagete
  • 6-gang aandete
  • Perdry vir ervare en nie-ervare ruiters deur die reservaat (let asseblief daarop dat die gewig beperk word tot 90kg/198lb per persoon). Kinders onder 12 word net op begeleide ponieritte toegelaat.
  • Begeleide staptogte, onder meer deur die fynbos en die Melkhoutbos
  • Ritte en staptogte deur die natuur, langs die see, onder meer in die Walkerbaai-natuurreservaat, De Kelders-kuspaadjie, Klipgat-grot en besigtiging van walvisse van die land af (veral van Junie - Desember)
  • Voëlkyk: ervaar ‘n groot verskeidenheid voëlspesies in die reservaat
  • Vervoer na/van alle aktiwiteite
  • Verskeie kaarte van die reservaat en die gebied om staptogte op jou eie te onderneem

Tariewe sluit die volgende uit:

  • Alle drank (alkoholies en nie-alkoholies)
  • Wasgoed en drank in kroegkoelkaste
  • Spa-behandelings, walviskyk-bootvaarte, bootvaarte na Dyer-eiland, haaihok-duik, perdry op die strand, vliegtuigritte oor die baai en omgewing, vierwiel-motorfietsry, kajakvaarte en wyntoere
  • Items van persoonlike aard (soos telefoonoproepe of items wat in die Grootbos-geskenkwinkel gekoop is).

Bykomende toere en dienste (vir gaste se eie rekening):

Ons kan bykomende dienste en toere vooraf of tydens gaste se verblyf reël:

  • Bootvaart na Dyer-eiland, gekombineer met walviskyk (Junie – Desember)
  • Haaihok-duik
  • Vliegtuigritte oor die baai en omgewing
  • Perdry op die strand
  • Daguitstappie na Kaap Agulhas, die mees suidelike punt van Afrika
  • Inkopietogte na Hermanus
  • Wynproeëry by ‘n wynplaas
  • Gholf
  • Vervoer van Kaapstad per pad of vliegtuig/helikopter (eie landingstrook)
Besprekingsvoorwaardes

Besprekingsvoorwaardes

  • Alle tariewe word aangedui in ZAR (Suid-Afrikaanse rand) en sluit BTW teen 15% in (tariewe kan sonder kennisgewing verander word).
  • Tariewe sluit nie 'n bewaringsheffing van R200.00 per volwassene per dag in nie.
  • 'n Deposito van 25% moet betaal word binne sewe dae nadat die bespreking gedoen is.
  • Die finale betaling moet 45 dae voor die gaste se aankoms gedoen word. Grootbos behou die reg om die bespreking te kanselleer indien betaling nie ontvang word nie. Indien u 'n krediet kaart, sal die finale betaling outomaties 45 dae voor u aankoms gehef word.Vir ombliklike reservasies word betaaling van die volle bedrag vereis
  • Vir besprekings vir die laaste minuut, moet u volle betaling by bevestiging ontvang!
  • Alle versoeke, bevestigings en kansellasies geld slegs indien skriftelik.
  • Voorlopige besprekings sal net sewe dae lank gehou word, soos gemeld op die voorlopige bevestiging; daarna sal die bespreking outomaties gekanselleer word.
  • Tariewe is nie gewaarborg nie totdat die bespreking bevestig is nie.
  • Gewenste kredietkaarte: VISA, Mastercard & amp; AMEX (geen Diner's Club Cards aanvaar)
  • Geen troeteldiere
  • Alle kamers is rookvry
  • Ons raai u 'n minimum verblyf van 2 nagte regdeur die jaar aan
  • Preferred Credit Cards: VISA, Mastercard & AMEX (no Diner’s Club Cards accepted)
  • Garden Lodge aanvaar kinders van alle ouderdomme.
  • Forest Lodge aanvaar kinders oor die ouderdom van 12 jaar.

Kansellasie – Buitelandse individuele reisigers
(Nie van toepassing op die Villas - Terme en voorwaardes vir die Villas is op aanvraag beskikbaar)

Algemeen:

Slegs skriftelike kansellasies sal aanvaar word; maak asseblief seker dat jy bevestiging van kansellasie van ons besprekingsafdeling ontvang.

kansellasie-tarief is 'n persentasie van die volle akkommodasie-rekening:.

  • Tot 46 dae voor die reis: 5% kansellasie-tarief
  • 46-21 dae voor die reis: 35% kansellasie-tarief
  • 20-0 dae voor die reis: 100% kansellasie-tarief
Let asseblief daarop dat 100% kansellasie-tarief gehef sal word as jy sou besluit om vroeër te vertrek as die tydperk waarvoor jy bespreek het.

Hoë seisoen (16 Desember – 10 Januarie):

  • 'n Aanvanklike nie terugbetaalbare deposito gelykstaande aan een nag se verblyf en bewaringsheffing wat betaal moet word teen 30 Junie.
  • Die saldo van die betaling is verskuldig teen 1 September. Geen terugbetaling sal toegestaan word nievir kansellasies daarna.
Algemene reëls

Aankoms- en vertrektye

Aankomstye - Kamers is om 14:00 beskikbaar, maar gaste kan enige tyd by Grootbos aankom en van ons fasiliteite gebruik. As gaste vroeër toegang tot kamers wil hê, kan dit, afhangende van beskikbaarheid, teen ekstra koste gereël word.

Vertrektye Kamers moet on 11:00 op die dag van vertrek ontruim wees. Later vertrektye kan, afhangend van beskikbaarheid, teen ekstra koste gereël word. As ons nie aan so 'n versoek kan voldoen nie, sal ons gaste se bagasie met plesier berg terwyl hulle die laaste dag by Grootbos Natuurreservaat geniet.

ALGEMEEN

  • By Forest Lodge is kinders ouer as 12 welkom.
  • Ons beveel verblyf van minstens twee nagte dwarsdeur die jaar aan.
  • Geen troeteldiere word toegelaat nie.
  • Rook is in al die suites verbode.

VERVOER

  • Vervoer kan teen ekstra koste by ons besprekingsafdeling gereël word.
  • Alle vervoer word verskaf deur geakkrediteerde motorhuur-maatskappye.
  • Alle vervoer moet voor aankoms gereël word.

Die kansellasie-beleid vir aktiwiteite wat nie by bogenoemde tariewe ingesluit is nie, sowel as spa-behandelings

Haaihok-duik, walviskyk-bootvaarte, uitsig-vlugte, ritte met vierwiel-motorfietse, perdry op die strand, wyntoere:

Lig jou Grootbos-gids meer as 24 uur vooraf in en vermy so die kansellasie-tarief.

Spa Beehandeling:

'n Kansellasie-tarief van 50% geld vir behandelings wat minder as drie uur vooraf gekanselleer word.

Versekering

Ons beveel ten sterkste aan dat gaste voldoende deur allesomvattende reis-en mediese versekering gedek moet wees, wat ten minste beserings, dood, mediese koste, nood-ontruiming, repatriasie, verlies of skade aan persoonlike besittings (weens diefstal of andersins) en kansellasie, insluit.

Belangrike INLIGTING: Maak asseblief seker wat Suid-Afrika se nuutste vereistes vir reis met kinders behels

Immigration leaflet




Geniet die warmte van ons hospitaliteit

Grootbos Foundation and global recognition

Grootbos is a world leader in sustainable tourism and has been awarded some of the highest international accolades possible, making us one of only a handful of lodges to achieve this.

Doen Navraag
Doen Navraag