Navrae Hier

Het die wooneenhede Internet-toegang?

Ja, ons wooneenhede beskik oor Internet-toegang. Die hoof-lodges is ook toegerus vir koordlose internet.

Hoe ver is Grootbos van die Tuinroete af?

Grootbos is die beginpunt van die Tuinroete!

Hoe ver is Grootbos van Kaapstad af?

160 km – ongeveer 1.5 uur se ry!

Wanneer moet die volle bedrag vir my verblyf betaal word?

Die volle bedrag moet ‘n maand voor die aankomsdatum vereffen word.  U kan betaal met ‘n kredietkaart (AMEX, VISA en Mastercard) asook ‘n bankoorplasing.

Wat is alles ingesluit by die tariewe?

Alle etes (ontbyt, middagete en sesgang-aandete) sowel as alle landgebaseerde aktiwiteite.