Luuksheid in harmonie met die natuur
vergesel ons op 'n magiese Afrika reis
KYK NA DIE VIDEO

Ons Akkommodasie

 

Op pad na jou suite wandel jy deur 'n eeue oue Melkhoutbos, ervaar die skoonheid van die fynbos en verlustig jou in die dramatiese vergesigte oor die berg en see. Al ons akkommodasie is ontwerp om die asemrowende natuurlike ligging van die Grootbos Natuurreservaat te weerspieël, terwyl geen styl of luukse ingeboet word nie.

Garden Lodge

Garden Lodge

Verbeel jou hoe dit was toe die wêreld nog ongerep was terwyl jy deur die pragtig ontwerpte tuine, omring deur ‘n eeue oue bos, wandel. Terwyl jy in die grootste gerief in een van ons elf alleenstaande suites tuisgaan, kan jy die uitsig van die omgewing indrink, van nuuts af deel van die natuur word en verhoudings met mekaar verstewig.    

Oorsig

Ruie, pragtig ontwerpte tuine om deur te wandel
Geleë binne-in 'n magiese Melkhoutbos
Hoër geleë as die kuslyn met panoramiese see-vergesigte
11 luukse alleenstaande suites, met tweeslaapkamer-suites ook beskikbaar
Restaurant, sitkamer, koffiekroeg en boma
Skoonheidsalon en biblioteek
Swembad met 'n uitsig oor die see en landskap
 

Forest Lodge

Forest Lodge

Die moderne en minimalistiese ontwerp dra by tot Forest Lodge se kalmerende atmosfeer. Ontspan in een van die sestien alleenstaande suites en ervaar die skoonheid wat jou omring. Asem die fynbos-gegeurde lug in terwyl die magiese krag van die natuur al jou bekommernissse laat verdwyn.

Oorsig

  • Dié romantiese wegbreekplek, stil en privaat 
  • Magiese paadjies deur 'n lieflike Melkhoutbos 
  • Geleë hoog teen 'n koppie met 180 grade-uitsig oor die see en fynbos
  • 16 luukse alleenstaande suites met gesellige kaggels
  • Restaurant, stikamer, konferensiekamer, koffoekroeg en boma
  • Skoonheidsalon en trouvenue
  • 'n Swembad met asemrowende see-uitsig
     
Private Villas

Privaat villas

Ons twee private villas is die toppunt van afgesonderde luukse, met onvergeetlike ervarings vir ons uitsoek-gaste. Met die fyn aanvoeling vir voortreflike diens van ‘n private sjef, butler en natuurgidse sal in ‘n huislike omgewing van ongeëwenaarde gehalte in elke behoefte voorsien word.

Oorsig

  • Heeltemal afgesonder en privaat, omring deur ongerepte natuurlike skoonheid
  • 'n Eie swembad, kantoor, huisteater, wynkelder en ten volle toegeruste gimnasium
  • Ongelooflike kunsversameling met werke van Suid-Afrikaanse meesters
  • Panoramiese vergesigte wat tot die gevoel van rustigheid bydra
  • 'n Landingstrook vir gaste wat per helikopter of in ligte vliegtuie arriveer
     
Geniet die warmte van ons hospitaliteit

Grootbos Foundation and global recognition

Grootbos is a world leader in sustainable tourism and has been awarded some of the highest international accolades possible, making us one of only a handful of lodges to achieve this.

Doen Navraag
Doen Navraag