'N Eden van fynbos en inheemse tuine

'N Houtdek, terras en pragtige swembad

Afrika-warmte met 'n interkontinentale draai

Eindelose vensters verbeter die natuurlike vloei

Garden Lodge

Dink aan 'n geheime tuin met die geluid van voëls oraloor en die geur van blomme in die lug. En dink dan dat jy die sleutel tot daardie tuin kry … so is dit tuis te gaan in Garden Lodge, waar die magiese om elke hoek op jou wag. 
 

Oorsig

Groen. Verwelkomend. Inspirerend. In Garden Lodge ervaar jy die warmte van Afrika-gasvryheid, gekombineer met kontemporêre argitektoniese vernuf. Verken die fynbos te perd of te voet, bewonder die uitsonderlike vergesigte of geniet 'n verfrissende drankie by ons verwelkomingskroeg.

Wat maak Garden Lodge so besonders?

Panoramiese vergesigte uit alle hoeke oor die see en fynbos

11 luukse alleenstaande suites bied die beste wegbreekplek

Swembad met dramatiese vergesigte oor die see en fynbos

Perfekte kombinasie van Afrika-warmte en kontemporêre ontwerp

Restaurant, sitkamers en koffiekroeg

Sprokiesagtige boma onder 'n ou Melkhoutboom

Restaurant

  • Elke gereg is gevul met kleur, geur en tekstuur
  • Kraakvars bestandele, uit ons eie tuin
  • 'n Roerende koservaaring
  • Bekroonde wyne van die omgewing

Die heldergroen van vars kruie uit die tuin of die songeel van eiergele van ons eie hoenders maak van elke maal by Grootbos 'n ontploffing van kleur, tekstuur en smaak. Amper die helfte van al die bestanddele wat ons gebruik kom van Growing the Future, 'n projek vir die produksie van kos en maatskaplike opheffing, hier op die reservaat.


Maak nie saak watter gereg jy kies nie, jy sal die smake van hierdie unieke landskap en sy mense ervaar in 'n warm en verwelkomende atmosfeer wat jou onmiddellik tuis sal laat voel.

Suites

  • Ontspan by die snoesige kaggel, of in jou eie aparte sitkamer
  • Treffend gemeubileerd in 'n sagte verhemelte met blink juweel aksent
  • Ons luukse badkamers sal jou ontspan en verfris laat voel

Wandel deur ons sprokiesagtige tuine na 11 alleenstaande suites. Ontspan in 'n borrelbad en kyk uit oor die pragtige omgewing, kruip in jou luukse hemelbed of geniet mekaar se geselskap in die sitkamer of op jou private houtdek. 

SIEN SUITES

Ons tariewe sluit alle maaltye vir die duur van die verblyf in. Wil jy meer weet?

Sien Tariewe

Getuigskrifte

Garden Lodge is very kiddie friendly and the staff went out of their way to make our 6 year old feel right at home.

Emma De Klerk - South Africa

Our accommodation in the Garden Lodge was exemplary, the cuisine outstanding and the Guided tours executed by fully trained and knowledgable guides.

Annandray Souter - United Kingdom

We stayed in the cosy Garden Lodge with its own fireplace, rain-shower and huge bed. It was an absolutely delight!

Robert Bradford - Australia

We had a lovely room in the Garden Lodge and enjoyed every second of our stay.

Bettina B - Germany

Virtuele Toer

Onderneem 'n virtuele toer deur ons Garden Lodge en kom agter wat dit so uniek maak.

Geniet die warmte van ons hospitaliteit

Doen Navraag
Doen Navraag