Standaard-pakket

3 Nagte

Die ervaring

Buiten ontspanning en rus bied ‘n besoek aan Grootbos ook hope avontuur, van die verkenning van grotte aan die kus en blommesafari’s in ‘n 4X4 tot ‘n ontmoeting met Grootwithaaie of die dophou van wonderbaarlike walvisse. Maak nie saak wat jy doen terwyl jy hier is nie, jy sal uitgerus en ontspanne hier weggaan, asook geïnspireer deur die ongerepte skoonheid wat jou omring, en die mense wat jy ontmoet.

Het jy ander idees vir jou verblyf by Grootbos?

Voorskou

Dag 1 - Oorsig

Ná ‘n verwelkomingsdrankie kan jy ‘n heerlike middagete in ons restaurant of buite op die dek geniet. Maak ná ete ‘n draai in jou suite en vertrek later na die ongerepte Walkerbaai-strande waar dramatiese rotsformasies en ‘n helderblou see die perfekte agtergrond is vir ‘n besoek aan eeue oue grotte. Geniet die aand by Grootbos ‘n dekadente ses-gang aandete met Suid-Afrikaanse wyne wat uitgesoek is om by elke gereg te pas.

Avontuur, inspirasie en ontspanning

Dag 2 - Oorsig

Geniet ontbyt in die restaurant of buite op die dek voordat jy jou regskud vir ‘n oggend vol avontuur. Ervaar die adrenalien-stuwing van die persoonlike ontmoeting met ‘n Grootwithaai tydens ‘n onvergeetlike haaihok-duik. Of ervaar die Groot Vyf van die See, walvisse, haaie, pikkewyne, dolfyne en robbe, eerstehands tydends ‘n bootvaart. Verken die reservaat die middag te perd en sluit die dag af met nog ‘n onverbeterlike ses-gang aandete.

Avontuur, inspirasie en ontspanning

Dag 3 - Oorsig

Verken die unieke Kaapse blommekoninkryk tydens ‘n 4X4-rit deur die reservaat terwyl jy jou verlustig in die vars lug en natuurskoon rondom jou. Ons ingeligte gidse sal jou fassinerende feite oor hierdie uitsonderlike flora meedeel. Leer ná middagete meer oor ons twee kolleges, Green Futures en Growing the Future, wat met die opheffing van die gemeenskap help. Ontspan ná die besige oggend met ‘n vollyf-massering in ons Forest Spa, omring deur eeue oue Melkhoutbome. Sluit die dag weer eens af met ‘n ses-gang aandete en gaan slaap versadig en tevrede.

Avontuur, inspirasie en ontspanning

Dag 4 - Oorsig

Gaan op jou laaste oggend by Grootbos onder leiding van ‘n gids op ‘n wandeling deur die magiese Melkhoutbos terwyl die lig saggies deur die takke val. Verlaat Grootbos ná ‘n laaste ontbyt met ‘n hele rits herninneringe wat jy nie sommer sal vergeet nie.

Avontuur, inspirasie en ontspanning

VERBLYF SLUIT IN

5-STER AKKOMMODASIE IN ALLEENSTAANDE SUITES

Ons luukse akkommodasie laat ons gaste een word met die ongerepte natuurlike omgewing en laat hulle volkome ontspan. Elke alleenstaande suite is uniek, elegant en stylvol en het al die gerief wat ons gaste kan begeer.

6-GANG AANDETE

Die hoofsjef, Ben Conradie, soek al sy bestanddele met die grootste sorg uit en hy weet waar elke enkele deeltjie wat op jou bord beland vandaan kom. Ons sesgang-aandete bevat watertand-geregte wat vir ‘n ongelooflike reis van smaaksensasie sorg.

PERD- EN BERGFIETSRY

Klim in die saal vir ‘n perdry-avontuur deur die fynbos-velde en galop in die vlak water op die strand. Gaan ry op ons bergfietsroetes wat jou deur die reservaat en die vallei oortrek met blomme neem.

ONTBYT-BUFFET & ENGLESE ONTBYT

Begin elke dag met ‘n heilsame en heerlike ontbyt van plaaslike bestanddele. Ons hoofsjef, Benjamin Conradie, staan reg om aan enige smake en vereistes te voldoen.

BEGELEIDE WANDELINGE EN STAPROETES

Ervaar die ongelooflike verskeidenheid van fauna en flora by Grootbos saam met ‘n gids. Ons ingeligte gidse sal jou op ‘n inspirerende reis neem deur hierdie eeue oue en unieke bestemming vol interessante en interaktiewe verhale.

RITTE EN WANDELINGE DEUR DIE NATUUR EN AAN DIE KUS

Verken ons 791 blomspesies oor 2 500 hektaar tydens een van ons 4X4-safari-ritte, of ry al langs ons kuspaaie op soek na een of meer van ons beroemde Groot Vyf van die See.

VERVOER NA/VAN ALLE AKTIWITIETE

Vervoer na/van ingeslote sowel as bykomende aktiwiteite is by die tariewe ingesluit. Vervoer na en van die lughawe kan teen ‘n bykomende tarief voor aankoms gereël word.

3-GANG MIDDAGETE

Ons heerlike drie-gang middagete is net wat jy nodig het voor die avonture wat die middag inhou. Al ons geregte word gemaak van vars bestanddele uit ons tuine of van die omliggende hawens.

Ons tariewe is vol-verblyf en sluit baie van die reserwe-aktiwiteite in. Vind meer uit
Sien Tariewe

OP PAD NA GROOTBOS

Grootbos is 'n ongelooflik pragtige plek, maar die reis hierheen is 'n ervaring uit eie reg. Word oorweldig deur lieflike vergesigte, hou stil by unieke plekke en ervaar die natuurskoon rondom jou.

Geniet die warmte van ons hospitaliteit

Grootbos Foundation and global recognition

Grootbos is a world leader in sustainable tourism and has been awarded some of the highest international accolades possible, making us one of only a handful of lodges to achieve this.

Doen Navraag
Doen Navraag