Luuksheid in harmonie met die natuur

Die Grootbos-stigting

Uit die staanspoor was dit bestem dat Grootbos, ‘n private natuurreservaat in die Overberg, meer as bloot ‘n luukse reisbestemming gaan wees.


‘n Organisasie sonder winsbejag, die Grootbos Foundation, is in 2003 gestig met die doel om bedreigde fynbos te bewaar en om op opleiding en vaardigheidsontwikkeling van die omliggende gemeenskap te fokus. 

Ons projekte

  • Die Lutzeyer-familie, die eienaars van Grootbos, het die Grootbos Foundation in 2003 gestig.
  • Benewens ons programme, doen ons navorsing oor ekologiese, opvoedkundige en maatskaplike kwessies – en kom dan vorendag met oplossings wat waarlik ‘n verskil maak.
  • Jou verblyf by Grootbos laat iets positiefs agter.
Gemeenskap. Kultuur. Sakebedrywighede. Bewaring.

Ons is ‘n organisasie wat daarop ingestel is om mense deur eko-toerisme en deur die ontwikkeling van sake-ondernemings, sport en opleiding te bemagtig.


Al ons projekte kan herhaal word en die sukses daarvan is meetbaar, en baie genereer hul eie inkomste of word gedeeltelik selfonderhoudend. Van byeboerdery tot veeteelt, die herwinning van kerse tot sokkerafrigting, rekenaaropleiding tot die uitroei van indringer-plantegroei, is elke program deeglik beplan om ‘n beter toekoms te help verseker vir die mense wat hier woon, sowel as vir die omgewing.

sien stigting webtuiste

2 370 ONTVANG ONDERRIG

2 759 HEKTAAR INDRINGER-PLANTE UITGEROEI

45 000 Bottels water geproduseer

959 160 KONTAKURE MET DEELNEMERS AAN SPORT-UITREIKPROGRAMME

43 436 EIERS DEUR WERFHOENDERS GELÊ

5 000 KILOGRAM ORGAINESE PRODUKTE VERBOU

50 INTERNASIONALE VRYWILLIGERS EN STUDENTE WAT INTERNSKAP DOEN

37 790 HERWONNE KERSE GEMAAK

PRYSE EN TOEKENNINGS

IMVELO
National Geographic
Condé Nast Traveler’s annual Green List
Best in Poverty Reduction
Best for Conservation of an Endangered Species

Raak betrokke

“Alles wat ons doen is daarop gemik om 'n positiewe uitwerking op die plaaslike gemeenskap en die omgewing te hê.”

Word geïnspireer. Maak 'n verskil. Verander hulle verhaal.

Wil jy meer weet? Ons beveel aan dat jy 'n Living the Future-toer meemaak om ons projekte self te sien en ervaar. Dit sal jou inspireer en jy sal beter begryp wat Grootbos so besonders maak. 


Die Grootbos Foundation is 'n geregistreerde organisaie sonder winsbejag wat jaarliks geouditeer word en waarvan alle geld wat gegenereer word vir programme aangewend word. Stuur asseblief vir ons e-pos na info@grootbosfoundation.org vir meer inligting as jy 'n skenking wil maak. 

Dra by tot hierdie bekroonde organisasie

Grootbos Foundation and global recognition

Grootbos is a world leader in sustainable tourism and has been awarded some of the highest international accolades possible, making us one of only a handful of lodges to achieve this.

Doen Navraag
Doen Navraag