Haaikyk-pakket

3 Nagte

Die ervaring

Laat die adrenalien pomp tydens ‘n aksiebelaaide avontuur in ongerepte wildernis, waar die natuur vir onvergeetlike herinneringe sorg. Verken geskiedkundige grotte aan die kus, geniet uitsonderlike ses-gang aandetes en maak jou gereed om een van die natuur se mees formidabele diere in die oë te kyk. Jy kan ook op ‘n vierwiel-motorfiets gaan ry, die reservaat in ‘n oop Land Rover verken en jou toer afsluit met ‘n opwindende rit te perd deur die fynbos of teen die sandduine.  

Laat ons ‘n uitstappie met jou belangstellings in gedagte uitwerk.

Voorskou

Dag 1 - Oorsig

Arriveer by Grootbos Natuurreservaat en asem diep in terwyl jy jou verstom oor die uitsig oor die see en berge, en ‘n heerlike middagete geniet. Nadat jy by jou suite inbespreek het, gaan Walkerbaai toe om meer uit te vind oor die wêrelderfenisgebied, die Klipgat-grot, en neem foto’s van die see en ongerepte landskap. Sluit die dag af met ‘n 6-gang maaltyd waaroor jy dae lank nog sal praat.

Adrenalien en verwondering

Dag 2 - Oorsig

Geniet ‘n heerlik voedsame ontbyt en maak jou gereed vir die opwindende haaihok-duik wat wag! Onder leiding van ‘n ervare marine-bioloog aan boord van ons luukse boot sal jy van aangesig tot aangesig kom met hierdie diere van die diepsee. Bespreek die ervaring agterna oor ‘n heerlike middagete en verken dan die fynbos-bedekte valleie en woude tydens ‘n opwindende rit op vierwiel-motorfietse. Sluit die dag af met nog ‘n 6-gang aandete, met bekroonde wyne.

Adrenalien en verwondering

Dag 3 - Oorsig

Eers ontbyt en dan ‘n verkenningstog in ‘n 4X4 waartydens die geheime wêreld van insekte, voëls, blomme en plante openbaar word. Ons botaniese rit in ‘n oop Land Rover is opwindend en leersaam, aangesien gaste meer te wete kom van die Kaapse blommeparadys: een van die plekke op aarde met die grootste bio-diversiteit. Leer ná middagete tydens ‘n rit meer oor ons Progressiewe Toerisme en hoe Grootbos in alles wat ons doen die gemeenskap probeer ophef.

Adrenalien en verwondering

Dag 4 - Oorsig

Eet rustig buite op die dek ontbyt en ry dan op een van ons 18 afgerigte perde op die ongerepte reservaat van 2 500 hektaar rond. Ry oor heuwels en geniet ongelooflike vergesigte en daal dan af in koel valleie en woude. Keer voor middagete terug na die lodge en laat die reservaat agter met sand in jou sakke en ‘n leeftyd se herinneringe.

Adrenalien en verwondering

VERBLYF SLUIT IN

5-STER AKKOMMODASIE IN ALLEENSTAANDE SUITES

Ons luukse akkommodasie laat ons gaste een word met die ongerepte natuurlike omgewing en laat hulle volkome ontspan. Elke alleenstaande suite is uniek, elegant en stylvol en het al die gerief wat ons gaste kan begeer.

6-GANG AANDETE

Die hoofsjef, Ben Conradie, soek al sy bestanddele met die grootste sorg uit en hy weet waar elke enkele deeltjie wat op jou bord beland vandaan kom. Ons sesgang-aandete bevat watertand-geregte wat vir ‘n ongelooflike reis van smaaksensasie sorg.

PERD- EN BERGFIETSRY

Klim in die saal vir ‘n perdry-avontuur deur die fynbos-velde en galop in die vlak water op die strand. Gaan ry op ons bergfietsroetes wat jou deur die reservaat en die vallei oortrek met blomme neem.

ONTBYT-BUFFET & ENGLESE ONTBYT

Begin elke dag met ‘n heilsame en heerlike ontbyt van plaaslike bestanddele. Ons hoofsjef, Benjamin Conradie, staan reg om aan enige smake en vereistes te voldoen.

BEGELEIDE WANDELINGE EN STAPROETES

Ervaar die ongelooflike verskeidenheid van fauna en flora by Grootbos saam met ‘n gids. Ons ingeligte gidse sal jou op ‘n inspirerende reis neem deur hierdie eeue oue en unieke bestemming vol interessante en interaktiewe verhale.

RITTE EN WANDELINGE DEUR DIE NATUUR EN AAN DIE KUS

Verken ons 791 blomspesies oor 2 500 hektaar tydens een van ons 4X4-safari-ritte, of ry al langs ons kuspaaie op soek na een of meer van ons beroemde Groot Vyf van die See.

VERVOER NA/VAN ALLE AKTIWITIETE

Vervoer na/van ingeslote sowel as bykomende aktiwiteite is by die tariewe ingesluit. Vervoer na en van die lughawe kan teen ‘n bykomende tarief voor aankoms gereël word.

3-GANG MIDDAGETE

Ons heerlike drie-gang middagete is net wat jy nodig het voor die avonture wat die middag inhou. Al ons geregte word gemaak van vars bestanddele uit ons tuine of van die omliggende hawens.

Ons tariewe is vol-verblyf en sluit baie van die reserwe-aktiwiteite in. Vind meer uit
Sien Tariewe

OP PAD NA GROOTBOS

Grootbos is 'n ongelooflik pragtige plek, maar die reis hierheen is 'n ervaring uit eie reg. Word oorweldig deur lieflike vergesigte, hou stil by unieke plekke en ervaar die natuurskoon rondom jou.

Geniet die warmte van ons hospitaliteit

Grootbos Foundation and global recognition

Grootbos is a world leader in sustainable tourism and has been awarded some of the highest international accolades possible, making us one of only a handful of lodges to achieve this.

Doen Navraag
Doen Navraag