Gesinspakket

3 Nagte

Die ervaring

Die klank van kinders wat lag eggo deur die lug terwyl gesinne na Grootbos toe kom om nuwe dinge te ervaar, tyd saam deur te bring en ryke herinneringe op te bou. Gaan haal eiers vir jou ontbyt op die plaas uit, gaan op ‘n skattejag in die woud en sien dolfyne, robbe, haaie, pikkewyne en walvisse in hulle natuurlike omgewing.

Het jy ‘n ander idee vir jou gesinsvakansie?

Voorskou

Dag 1 - Oorsig

Arriveer op Grootbos, geniet ‘n heerlike middagete en pak af in julle gesinsvriendelike suite. Nadat almal bietjie gerus het, sal een van ons gidse julle vergesel na ‘n prettige skattejag deur die woud en fynbos! ‘n Vroeë aandete, met ‘n spesiale spyskaart, sal vir die kinders gereël word en daarna kan die grootmense ‘n ontspanne ses-gang maaltyd geniet terwyl oppassers in die speelkamer na die kinders omsien.

Skep lewendige familieherinneringe

Dag 2 - Oorsig

Begin die dag lekker vroeg sodat die kinders hulle eiers vir ontbyt op die klein plasie langs die stalle kan gaan uithaal. Gaan ná ontbyt strand toe waar die kinders van die see se getye sal leer en ‘n grot uit die steentydperk sal sien. Dan is dit tyd vir ‘n heerlike piekniek-middagete terwyl julle rotspoele verken en sommer net in die sand speel. Gaan in die middag terug lodge toe en gaan ry op ponies. Die aand kan die kinders ‘n spesiale aandete op die speelgrond geniet, gevolg deur ‘n prettige aandwandeling terwyl hulle paddas in die omgewing ontdek. Dan is dit tyd vir die grootmense om weer eens ’n uitsonderlike ete te geniet terwyl hulle kinders versorg word.

Skep lewendige familieherinneringe

Dag 3 - Oorsig

Word wakker vir ‘n vinnige koppie koffie of tee en ‘n versnapering voordat julle as gesin Kleinbaaihawe toe vertrek. Daar sal julle ‘n opwindende bootvaart onderneem en dolfyne, pikkewyne, robbe, haaie en walvisse (walvisseisoen is van Junie – Desember) sien. Terug by die lodge sal julle ‘n heerlike ontbyt/middagete nuttig en dan ‘n spesiale gesinsboom op ons reservaat plant. Vertrek ná ‘n ligte middagete op ‘n toer, ‘n Dag in die lewe van ‘n Strandloper, waartydens julle meer te wete sal kom oor die Khoisan wat baie lank gelede hier gewoon het. Sluit die dag onder die sterrehemel af met ‘n magiese afskeidsete in die boma.

Skep lewendige familieherinneringe

Dag 4 - Oorsig

Gaan haal weer voor ontbyt eiers uit en gaan dan stalle toe om te help om die perde en ander plaasdiere te voer. Vertrek van Grootbos af met ‘n hele klomp wonderlike gesinsherinneringe om saam te neem.

Skep lewendige familieherinneringe

VERBLYF SLUIT IN

5-STER AKKOMMODASIE IN ALLEENSTAANDE SUITES

Ons luukse akkommodasie laat ons gaste een word met die ongerepte natuurlike omgewing en laat hulle volkome ontspan. Elke alleenstaande suite is uniek, elegant en stylvol en het al die gerief wat ons gaste kan begeer.

6-GANG AANDETE

Die hoofsjef, Ben Conradie, soek al sy bestanddele met die grootste sorg uit en hy weet waar elke enkele deeltjie wat op jou bord beland vandaan kom. Ons sesgang-aandete bevat watertand-geregte wat vir ‘n ongelooflike reis van smaaksensasie sorg.

PERD- EN BERGFIETSRY

Klim in die saal vir ‘n perdry-avontuur deur die fynbos-velde en galop in die vlak water op die strand. Gaan ry op ons bergfietsroetes wat jou deur die reservaat en die vallei oortrek met blomme neem.

ONTBYT-BUFFET & ENGLESE ONTBYT

Begin elke dag met ‘n heilsame en heerlike ontbyt van plaaslike bestanddele. Ons hoofsjef, Benjamin Conradie, staan reg om aan enige smake en vereistes te voldoen.

BEGELEIDE WANDELINGE EN STAPROETES

Ervaar die ongelooflike verskeidenheid van fauna en flora by Grootbos saam met ‘n gids. Ons ingeligte gidse sal jou op ‘n inspirerende reis neem deur hierdie eeue oue en unieke bestemming vol interessante en interaktiewe verhale.

RITTE EN WANDELINGE DEUR DIE NATUUR EN AAN DIE KUS

Verken ons 791 blomspesies oor 2 500 hektaar tydens een van ons 4X4-safari-ritte, of ry al langs ons kuspaaie op soek na een of meer van ons beroemde Groot Vyf van die See.

VERVOER NA/VAN ALLE AKTIWITIETE

Vervoer na/van ingeslote sowel as bykomende aktiwiteite is by die tariewe ingesluit. Vervoer na en van die lughawe kan teen ‘n bykomende tarief voor aankoms gereël word.

3-GANG MIDDAGETE

Ons heerlike drie-gang middagete is net wat jy nodig het voor die avonture wat die middag inhou. Al ons geregte word gemaak van vars bestanddele uit ons tuine of van die omliggende hawens.

Ons tariewe is vol-verblyf en sluit baie van die reserwe-aktiwiteite in. Vind meer uit
Sien Tariewe

OP PAD NA GROOTBOS

Grootbos is 'n ongelooflik pragtige plek, maar die reis hierheen is 'n ervaring uit eie reg. Word oorweldig deur lieflike vergesigte, hou stil by unieke plekke en ervaar die natuurskoon rondom jou.

Geniet die warmte van ons hospitaliteit

Grootbos Foundation and global recognition

Grootbos is a world leader in sustainable tourism and has been awarded some of the highest international accolades possible, making us one of only a handful of lodges to achieve this.

Doen Navraag
Doen Navraag