Wyn-pakket

3 Nagte

Die ervaring

Teug aan ‘n glas vrugtige Sauvignon Blanc terwyl ons hoofsjef verduidelik waarom hy dit juis saam met een van die plaaslike kase voorsit. Luister na ons sommelier wat jou vertel waarom ‘n mens die son as ‘t ware in ‘n spesifieke oesjaar kan proe. Verlustig jou aan die uitsig oor die berge terwyl ‘n wynmaker jou meer oor dié jaar se oes vertel. Ons wynpakket is ‘n heerlike reis na die wyne van die gebied wat jou tyd gee om te geniet, te proe en te ervaar. 

Is daar ‘n ander wyn-ervaring wat jy graag wil onderneem?

Voorskou

Dag 1 - Oorsig

Arriveer by Grootbos Natuurreservaat en geniet ‘n heerlike middagete in die restaurant of buite op die dek in die vars lug. Maak ‘n draai in jou suite en gaan dan saam met een van ons sjefs op ‘n Growing the Future-toer wat ‘n besoek insluit aan ons plaas waar die meeste van ons groente, heuning, hoenders en eiers vandaan kom. In die aand wag daar op jou ‘n onvergeetlike kulinêre ervaring bestaande uit ses geurige gange wat spesiaal by van die heel beste Suid-Afrikaanse wyne gepas word.

Geure. Smake. Stories.

Dag 2 - Oorsig

Ná ontbyt vertrek ons op ‘n avontuur na Kaap Agulhas en stop op pad by vier wynplase in Elim om hulle wyne te proe. Daarna hou ons piekniek by die mees suidelike punt van Afrika terwyl jy die natuurskoon bewonder. En later gaan ons terug lodge toe waar jy die aand ‘n spesiale ete in ons wynkelder geniet, of ‘n reeks geregte en wyne wat bymekaar pas wat spesiaal vir jou saamgestel sal word.

Geure. Smake. Stories.

Dag 3 - Oorsig

Gaan ná ontbyt op ‘n rit in ‘n 4x4 deur die reservaat en ervaar die wonderbaarlike wilde blomme en diere. Gaan daarna saam met ons sommelier op 'n toer deur die Hemel-en-Aarde-vallei, waar drie wynplase, wat beken is vir hulle Sauvignon Blanc en Pinot Noir, besoek sal word. By een van die landgoedere sal ons 'n middagete reël met wyn en kos as pasmaats. 

Geure. Smake. Stories.

Dag 4 - Oorsig

Sluit jou verblyf af met ‘n wandeling vroegoggend saam met ‘n gids deur die magiese Melkhoutbos terwyl jy luister hoe die voëls sing, en jy die vars oggendlug inasem. Vertrek ná ontbyt van Grootbos af met nuwe ervarings, geure en stories wat deel van jou geword het.

Geure. Smake. Stories.

VERBLYF SLUIT IN

5-STER AKKOMMODASIE IN ALLEENSTAANDE SUITES

Ons luukse akkommodasie laat ons gaste een word met die ongerepte natuurlike omgewing en laat hulle volkome ontspan. Elke alleenstaande suite is uniek, elegant en stylvol en het al die gerief wat ons gaste kan begeer.

6-GANG AANDETE

Die hoofsjef, Ben Conradie, soek al sy bestanddele met die grootste sorg uit en hy weet waar elke enkele deeltjie wat op jou bord beland vandaan kom. Ons sesgang-aandete bevat watertand-geregte wat vir ‘n ongelooflike reis van smaaksensasie sorg.

PERD- EN BERGFIETSRY

Klim in die saal vir ‘n perdry-avontuur deur die fynbos-velde en galop in die vlak water op die strand. Gaan ry op ons bergfietsroetes wat jou deur die reservaat en die vallei oortrek met blomme neem.

ONTBYT-BUFFET & ENGLESE ONTBYT

Begin elke dag met ‘n heilsame en heerlike ontbyt van plaaslike bestanddele. Ons hoofsjef, Benjamin Conradie, staan reg om aan enige smake en vereistes te voldoen.

BEGELEIDE WANDELINGE EN STAPROETES

Ervaar die ongelooflike verskeidenheid van fauna en flora by Grootbos saam met ‘n gids. Ons ingeligte gidse sal jou op ‘n inspirerende reis neem deur hierdie eeue oue en unieke bestemming vol interessante en interaktiewe verhale.

RITTE EN WANDELINGE DEUR DIE NATUUR EN AAN DIE KUS

Verken ons 791 blomspesies oor 2 500 hektaar tydens een van ons 4X4-safari-ritte, of ry al langs ons kuspaaie op soek na een of meer van ons beroemde Groot Vyf van die See.

VERVOER NA/VAN ALLE AKTIWITIETE

Vervoer na/van ingeslote sowel as bykomende aktiwiteite is by die tariewe ingesluit. Vervoer na en van die lughawe kan teen ‘n bykomende tarief voor aankoms gereël word.

3-GANG MIDDAGETE

Ons heerlike drie-gang middagete is net wat jy nodig het voor die avonture wat die middag inhou. Al ons geregte word gemaak van vars bestanddele uit ons tuine of van die omliggende hawens.

Ons tariewe is vol-verblyf en sluit baie van die reserwe-aktiwiteite in. Vind meer uit
Sien Tariewe

OP PAD NA GROOTBOS

Grootbos is 'n ongelooflik pragtige plek, maar die reis hierheen is 'n ervaring uit eie reg. Word oorweldig deur lieflike vergesigte, hou stil by unieke plekke en ervaar die natuurskoon rondom jou.

Geniet die warmte van ons hospitaliteit

Grootbos Foundation and global recognition

Grootbos is a world leader in sustainable tourism and has been awarded some of the highest international accolades possible, making us one of only a handful of lodges to achieve this.

Doen Navraag
Doen Navraag