Progressiewe Toerisme-pakket

3 Nagte

Die ervaring

Maak jou hande vuil. Plant ‘n boom. Proe heuning uit die korf. Ontmoet nuwe mense. Maak ‘n verskil.


Ons Progressiewe Toerisme-pakket lê ons baie na aan die hart. Dit verpersoonlik die essensie van wat Grootbos anders maak. Gaan haal eiers uit op die organiese plaas wat ons aangelê het, ontmoet entrepreneurs wat met ons hulp en leiding ondernemings gevestig het, en studente wat besig is om ‘n loopbaan in tuinboukunde op te bou. Jy kan ook jong mense ontmoet wie se lewe deur die mag van sport verander is. Ons stel jou voor aan verskeie gemeenskappe wat bevoordeel is deur toerisme in die streek en die inisiatiewe wat ons van stapel gestuur het.

WIL JY JOU DROOMVAKANSIE SAAMSTEL? KONTAK ONS.

Voorskou

Dag 1 - Oorsig

Arriveer by Grootbos en voel onmiddellik ontspanne terwyl jy die vergesigte bewonder en ‘n indrukwekkende middagete geniet. Gaan maak ‘n draai in jou suite, ontspan ‘n rukkie en besoek dan die strande van Walkerbaai saam met ‘n gids wat jou meer sal vertel oor historiese grotte langs die kus terwyl jy die natuurskoon bewonder. Ervaar in die aand ‘n smaaksensasie tydens ‘n ses-gang maaltyd met bekroonde Suid-Afrikaanse wyne wat by elke gereg pas.

'n Vakansie met 'n hart

Dag 2 - Oorsig

Geniet ontbyt en besoek dan ons Green Futures-projek, ‘n tuinboukunde- en lewensvaardighede-kollege wat plaaslike studente met nuwe vaardighede toerus. Sny sade in die kweekhuis, snoei inheemse plante in die kwekery of woon ‘n teorieklas in die klaskamer by. Ry in die middag na ons pragtige sportvelde en Football Foundation waar jy sal sien hoe sport vir sosiale ontwikkeling ingespan kan word. Jy kan ook die plaaslike township Masakhane en die gemeenskap van Blompark besoek, die tuiste van baie van ons studente, afrigters en suksesverhale. 

'n Vakansie met 'n hart

Dag 3 - Oorsig

Ná  ‘n heerlike ontbyt vertrek ons langs ‘n mooi roete na Siyakhula, ons organiese plaas. Hier sal jy die inspirerende vroue van ons voedselproduksie-kollege ontmoet en die vrug van hulle arbeid bewonder: rye helderkleurige groente, byekorwe tussen die fynbos, werfhoenders, varke en nog baie meer. Dan wag daar ‘n heerlike piekniek-middagete op die plaas, geïnspireer deur die vars produkte rondom jou. Ná middagete kom perdry aan die beurt terwyl jy die 2 500 hektaar van ongerepte natuur deurkruis. Geniet die aand weer een van ons ses-gang maaltye en gaan slaap versadig en tevrede.

'n Vakansie met 'n hart

Dag 4 - Oorsig

Gaan haal weer voor ontbyt eiers uit en gaan dan stalle toe om te help om die perde en ander plaasdiere te voer. Vertrek van Grootbos af met ‘n hele klomp wonderlike gesinsherinneringe om saam te neem.

'n Vakansie met 'n hart

VERBLYF SLUIT IN

5-STER AKKOMMODASIE IN ALLEENSTAANDE SUITES

Ons luukse akkommodasie laat ons gaste een word met die ongerepte natuurlike omgewing en laat hulle volkome ontspan. Elke alleenstaande suite is uniek, elegant en stylvol en het al die gerief wat ons gaste kan begeer.

6-GANG AANDETE

Die hoofsjef, Ben Conradie, soek al sy bestanddele met die grootste sorg uit en hy weet waar elke enkele deeltjie wat op jou bord beland vandaan kom. Ons sesgang-aandete bevat watertand-geregte wat vir ‘n ongelooflike reis van smaaksensasie sorg.

PERD- EN BERGFIETSRY

Klim in die saal vir ‘n perdry-avontuur deur die fynbos-velde en galop in die vlak water op die strand. Gaan ry op ons bergfietsroetes wat jou deur die reservaat en die vallei oortrek met blomme neem.

ONTBYT-BUFFET & ENGLESE ONTBYT

Begin elke dag met ‘n heilsame en heerlike ontbyt van plaaslike bestanddele. Ons hoofsjef, Benjamin Conradie, staan reg om aan enige smake en vereistes te voldoen.

BEGELEIDE WANDELINGE EN STAPROETES

Ervaar die ongelooflike verskeidenheid van fauna en flora by Grootbos saam met ‘n gids. Ons ingeligte gidse sal jou op ‘n inspirerende reis neem deur hierdie eeue oue en unieke bestemming vol interessante en interaktiewe verhale.

RITTE EN WANDELINGE DEUR DIE NATUUR EN AAN DIE KUS

Verken ons 791 blomspesies oor 2 500 hektaar tydens een van ons 4X4-safari-ritte, of ry al langs ons kuspaaie op soek na een of meer van ons beroemde Groot Vyf van die See.

VERVOER NA/VAN ALLE AKTIWITIETE

Vervoer na/van ingeslote sowel as bykomende aktiwiteite is by die tariewe ingesluit. Vervoer na en van die lughawe kan teen ‘n bykomende tarief voor aankoms gereël word.

3-GANG MIDDAGETE

Ons heerlike drie-gang middagete is net wat jy nodig het voor die avonture wat die middag inhou. Al ons geregte word gemaak van vars bestanddele uit ons tuine of van die omliggende hawens.

Ons tariewe is vol-verblyf en sluit baie van die reserwe-aktiwiteite in. Vind meer uit
Sien Tariewe

OP PAD NA GROOTBOS

Grootbos is 'n ongelooflik pragtige plek, maar die reis hierheen is 'n ervaring uit eie reg. Word oorweldig deur lieflike vergesigte, hou stil by unieke plekke en ervaar die natuurskoon rondom jou.

Geniet die warmte van ons hospitaliteit

Grootbos Foundation and global recognition

Grootbos is a world leader in sustainable tourism and has been awarded some of the highest international accolades possible, making us one of only a handful of lodges to achieve this.

Doen Navraag
Doen Navraag