Walviskyk-pakket

3 Nagte

Die ervaring

Daar is nie baie plekke op aarde waar jy walvisse van die land af, op see en uit die lug kan sien nie, elk met ‘n eie perspektief. Teug aan ‘n skemerkelkie terwyl jy die horison oranje sien gloei, haaie, pikkewyne en dolfyne in hul natuurlike habitat dophou en historiese grotte besoek wat jou oë sal open. Jy sal ook die unieke fynbos-koninkryk van Grootbos verken saam met ingeligte gidse wat passievol is oor dié streek.

Kontak ons om jou verblyf vir jou persoonlik aan te pas.] [Doen navraag

Voorskou

Dag 1 - Oorsig

Arriveer by Grootbos Natuurreservaat en geniet ‘n heerlike middagete van bestanddele in seisoen wat op ons organiese plaas gekweek word. Bespreek in by jou suite en gaan dan op ‘n uitstappie om walvisse van die land af dop te hou, met Suidkaper-walvisse so na as 30 meter van die kus af. Drink ‘n skemerkelkie op die balkon van ons Whale House en geniet later ‘n onverbeterlike 6-gang aandete wanneer ons terug is by die lodge.

Misterie en verwondering

Dag 2 - Oorsig

Ná ‘n koppie koffie en iets soos ‘n croissant vertrek jy na Kleinbaai-hawe waar jy aan boord van ‘n luukse boot die Groot Vyf van die See, walvisse, haaie, pikkewyne, dolfyne en robbe, in al hul glorie sal ervaar: Keer laatoggend terug vir ‘n heerlike ontbyt/middagete voordat jy in jou suite of die skoonheidsalon ontspan. In die middag sal ons na die ongerepte strande van Walkerbaai gaan waar jy meer sal leer oor eeue oue grottte en die interessante geskiedenis van die gebied.

Misterie en verwondering

Dag 3 - Oorsig

Maak jou ná ontbyt gereed vir ‘n opwindende blommesafari in ‘n 4X4 van waar jy helderkleurige blomme en voëls wat hulle bestuif, sowel as woude, valleie en wye vergesigte sal ervaar. Ná ‘n heerlike middagete stap jy aan boord van ‘n Cessna en bekyk die walvisse uit ‘n totaal ander perspektief tydens ‘n onvergeetlike vlug van 30  minute oor Walkerbaai. Sluit jou dag af met ‘n heerlike 6-gang aandete in een van ons restaurante.
 

Misterie en verwondering

Dag 4 - Oorsig

Gaan saam met een van ons gidse op ‘n vroegoggend-wandeling deur die betowerende Melkhoutwoud terywl die voëltjies rondom jou sing en jy die oggendlug en -lig geniet. Vertrek ná ‘n rustige ontbyt en laat Grootbos agter met ryke herinneringe en ‘n verkwikte siel. 

Misterie en verwondering

VERBLYF SLUIT IN

5-STER AKKOMMODASIE IN ALLEENSTAANDE SUITES

Ons luukse akkommodasie laat ons gaste een word met die ongerepte natuurlike omgewing en laat hulle volkome ontspan. Elke alleenstaande suite is uniek, elegant en stylvol en het al die gerief wat ons gaste kan begeer.

6-GANG AANDETE

Die hoofsjef, Ben Conradie, soek al sy bestanddele met die grootste sorg uit en hy weet waar elke enkele deeltjie wat op jou bord beland vandaan kom. Ons sesgang-aandete bevat watertand-geregte wat vir ‘n ongelooflike reis van smaaksensasie sorg.

PERD- EN BERGFIETSRY

Klim in die saal vir ‘n perdry-avontuur deur die fynbos-velde en galop in die vlak water op die strand. Gaan ry op ons bergfietsroetes wat jou deur die reservaat en die vallei oortrek met blomme neem.

ONTBYT-BUFFET & ENGLESE ONTBYT

Begin elke dag met ‘n heilsame en heerlike ontbyt van plaaslike bestanddele. Ons hoofsjef, Benjamin Conradie, staan reg om aan enige smake en vereistes te voldoen.

BEGELEIDE WANDELINGE EN STAPROETES

Ervaar die ongelooflike verskeidenheid van fauna en flora by Grootbos saam met ‘n gids. Ons ingeligte gidse sal jou op ‘n inspirerende reis neem deur hierdie eeue oue en unieke bestemming vol interessante en interaktiewe verhale.

RITTE EN WANDELINGE DEUR DIE NATUUR EN AAN DIE KUS

Verken ons 791 blomspesies oor 2 500 hektaar tydens een van ons 4X4-safari-ritte, of ry al langs ons kuspaaie op soek na een of meer van ons beroemde Groot Vyf van die See.

VERVOER NA/VAN ALLE AKTIWITIETE

Vervoer na/van ingeslote sowel as bykomende aktiwiteite is by die tariewe ingesluit. Vervoer na en van die lughawe kan teen ‘n bykomende tarief voor aankoms gereël word.

3-GANG MIDDAGETE

Ons heerlike drie-gang middagete is net wat jy nodig het voor die avonture wat die middag inhou. Al ons geregte word gemaak van vars bestanddele uit ons tuine of van die omliggende hawens.

Ons tariewe is vol-verblyf en sluit baie van die reserwe-aktiwiteite in. Vind meer uit
Sien Tariewe

OP PAD NA GROOTBOS

Grootbos is 'n ongelooflik pragtige plek, maar die reis hierheen is 'n ervaring uit eie reg. Word oorweldig deur lieflike vergesigte, hou stil by unieke plekke en ervaar die natuurskoon rondom jou.

Geniet die warmte van ons hospitaliteit

Grootbos Foundation and global recognition

Grootbos is a world leader in sustainable tourism and has been awarded some of the highest international accolades possible, making us one of only a handful of lodges to achieve this.

Doen Navraag
Doen Navraag