Wittebrood-pakket

3 Nagte

Die ervaring

Vier julle nuwe lewe as ‘n egpaar met romantiese middagetes, dekadente aandetes en ‘n luukse massering in ons Forest Spa. ‘n Verfrissende alternatief is avonture soos togte na grotte uit die steentydperk, ‘n ontmoeting met Grootwithaaie, en die verkenning van die ongerepte strande van Walkerbaai te perd. Met ‘n vermenging van romanse, luukse en avontuur is ons wittebrood-pakket die heel beste begin vir julle nuwe lewe saam.

Het jy ander idees vir julle wittebrood by Grootbos?

Voorskou

Dag 1 - Oorsig

Begin die opwindende nuwe hoofstuk in julle lewe met drankies en middagete met ongeëwenaarde vergesigte oor Walkerbaai voor julle. Maak ‘n draai in julle luukse suite, ontspan ‘n rukkie en vertrek dan op ‘n avontuur om die grotte uit die steentydperk met al hul fassinerende geheime te besoek. Sluit die eerste dag van julle wittebrood af met ‘n luukse ses-gang maaltyd in ons restaurant.

Die beste manier om jou nuwe lewe saam te vier

Dag 2 - Oorsig

Ná ontbyt buite op die dek is dit tyd om julle eerste adrenalienstuwende-ervaring as ‘n egpaar te beleef -- met ‘n haaihhok-duik! Ná dié heel uitsonderlike ervaring en ‘n rustige middagete kan julle ‘n uur lank onder leiding van ‘n gids die Walkerbaai-reservaat te perd verken. Dan keer julle terug na Grootbos vir nog ‘n dekadente ses-gang aandete.

Die beste manier om jou nuwe lewe saam te vier

Dag 2 - Oorsig

Ná ontbyt kan julle die omliggende fynbos op ‘n 4X4-toer verken terwyl julle die reuk van die blomme inasem en die helderkleurige voëls deur die vallei sien dartel. Die middag kan julle walvisse in die baai uit die lug dophou terwyl julle 30 minute lank oor die see vlieg. Terug by Grootbos sal ‘n uurlange vollyf-massering in ons Forest Spa julle volkome ontspanne laat voel. Die laaste aand van julle onvergeetlike wittebrood word gekenmerk deur nog ‘n ses-gang aandete vol geure en besonderse smake.

Die beste manier om jou nuwe lewe saam te vier

Dag 4 - Oorsig

Ná ‘n laaste ontbyt is daar die geleentheid om ‘n boom te plant om die begin van julle nuwe lewe as ‘n egpaar te vier. Verlaat Grootbos met wonderlike herinneringe vir julle opwindende huweliksreis.

Die beste manier om jou nuwe lewe saam te vier

VERBLYF SLUIT IN

5-STER AKKOMMODASIE IN ALLEENSTAANDE SUITES

Ons luukse akkommodasie laat ons gaste een word met die ongerepte natuurlike omgewing en laat hulle volkome ontspan. Elke alleenstaande suite is uniek, elegant en stylvol en het al die gerief wat ons gaste kan begeer.

6-GANG AANDETE

Die hoofsjef, Ben Conradie, soek al sy bestanddele met die grootste sorg uit en hy weet waar elke enkele deeltjie wat op jou bord beland vandaan kom. Ons sesgang-aandete bevat watertand-geregte wat vir ‘n ongelooflike reis van smaaksensasie sorg.

PERD- EN BERGFIETSRY

Klim in die saal vir ‘n perdry-avontuur deur die fynbos-velde en galop in die vlak water op die strand. Gaan ry op ons bergfietsroetes wat jou deur die reservaat en die vallei oortrek met blomme neem.

ONTBYT-BUFFET & ENGLESE ONTBYT

Begin elke dag met ‘n heilsame en heerlike ontbyt van plaaslike bestanddele. Ons hoofsjef, Benjamin Conradie, staan reg om aan enige smake en vereistes te voldoen.

BEGELEIDE WANDELINGE EN STAPROETES

Ervaar die ongelooflike verskeidenheid van fauna en flora by Grootbos saam met ‘n gids. Ons ingeligte gidse sal jou op ‘n inspirerende reis neem deur hierdie eeue oue en unieke bestemming vol interessante en interaktiewe verhale.

RITTE EN WANDELINGE DEUR DIE NATUUR EN AAN DIE KUS

Verken ons 791 blomspesies oor 2 500 hektaar tydens een van ons 4X4-safari-ritte, of ry al langs ons kuspaaie op soek na een of meer van ons beroemde Groot Vyf van die See.

VERVOER NA/VAN ALLE AKTIWITIETE

Vervoer na/van ingeslote sowel as bykomende aktiwiteite is by die tariewe ingesluit. Vervoer na en van die lughawe kan teen ‘n bykomende tarief voor aankoms gereël word.

3-GANG MIDDAGETE

Ons heerlike drie-gang middagete is net wat jy nodig het voor die avonture wat die middag inhou. Al ons geregte word gemaak van vars bestanddele uit ons tuine of van die omliggende hawens.

Ons tariewe is vol-verblyf en sluit baie van die reserwe-aktiwiteite in. Vind meer uit
Sien Tariewe

OP PAD NA GROOTBOS

Grootbos is 'n ongelooflik pragtige plek, maar die reis hierheen is 'n ervaring uit eie reg. Word oorweldig deur lieflike vergesigte, hou stil by unieke plekke en ervaar die natuurskoon rondom jou.

Geniet die warmte van ons hospitaliteit

Grootbos Foundation and global recognition

Grootbos is a world leader in sustainable tourism and has been awarded some of the highest international accolades possible, making us one of only a handful of lodges to achieve this.

Doen Navraag
Doen Navraag