Marine-pakket

3 Nagte

Die ervaring

Kyk na die asuurblou dieptes uit die stuurkajuit van ‘n vliegtuig. Voel die seesproei in jou gesig op ‘n boot met die Groot Vyf van die See rondom jou. Ruik die sout lug terwyl jy walvisse tydens ‘n wandeling van die land af dophou. Ons marine-pakket is ‘n fees vir die sintuie, en laat jou die beste van ons ongerepte oseane op verskeie opwindende maniere ervaar.  

Het jy iets anders in gedagte? Laat ons jou ideale marine-uitstappie saamstel

Voorskou

Dag 1 - Oorsig

Arriveer by Grootbos met ‘n goeie aptyt, aangesien jy ‘n heerlike middagete sal geniet terwyl jy die see en berge bewonder. Nadat jy ‘n rukkie in jou suite ontspan het, sal ons vertrek op ‘n uitstappie waartydens ons walvisse van die land af dophou. Die Suidkaper-walvisse sal tot so na as 30 meter van die kus af kom. Drink eers ‘n skemerkelkie op die balkon van ons Whale House en geniet later ‘n onverbeterlike 6-gang aandete wanneer ons terug is by die lodge.

Ervaar 'n see-avontuur

Dag 2 - Oorsig

Staan vroeg op en begroet die dag met ‘n warm drankie en versnapering voordat ons na Kleinbaai-hawe vertrek. Daar sal jy aan boord stap van ‘n luukse boot en die Groot Vyf van die See, walvisse, haaie, pikkewyne, dolfyne en robbe, ervaar. Keer laatoggend terug vir ‘n heerlike ontbyt/middagete. In die middag sal ons die fynbos verken tydens ‘n 4X4-rit onder leiding van passievolle gidse wat jou oë vir die wonders van die blommepardys sal open.

Ervaar 'n see-avontuur

Dag 3 - Oorsig

Ná ‘n stewige ontbyt is dit tyd om Grootwithaaie van naby te ervaar! Voel hoe die bloed deur jou are bruis terwyl jy in ‘n haaihok afsak en nuwe feite leer oor dié roofdiere wat dikwels misverstaan word. Gaan terug lodge toe vir ‘n lekker middagete en ervaar in die middag ‘n vlug van 30 minute lank terwyl jy die wonderbaarlike Suidkaper-walvisse van uit die lug bewonder. Geniet later ‘n heerlike aandete in een van ons restaurante terwyl jy die opwindende dag herleef.

Ervaar 'n see-avontuur

Dag 4 - Oorsig

Gaan saam met een van ons gidse vroegoggend op ‘n wandeling deur die woud terwyl die son deur die bome begin val en jy kleurryke suikerbekkies en die mooiste blomme bekyk en na die geluide van die natuur luister. Geniet daarna vir die laaste keer ontbyt in ons restaurant voordat jy jou tasse pak en Grootbos met ryke herinneringe verlaat.

Ervaar 'n see-avontuur

VERBLYF SLUIT IN

5-STER AKKOMMODASIE IN ALLEENSTAANDE SUITES

Ons luukse akkommodasie laat ons gaste een word met die ongerepte natuurlike omgewing en laat hulle volkome ontspan. Elke alleenstaande suite is uniek, elegant en stylvol en het al die gerief wat ons gaste kan begeer.

6-GANG AANDETE

Die hoofsjef, Ben Conradie, soek al sy bestanddele met die grootste sorg uit en hy weet waar elke enkele deeltjie wat op jou bord beland vandaan kom. Ons sesgang-aandete bevat watertand-geregte wat vir ‘n ongelooflike reis van smaaksensasie sorg.

PERD- EN BERGFIETSRY

Klim in die saal vir ‘n perdry-avontuur deur die fynbos-velde en galop in die vlak water op die strand. Gaan ry op ons bergfietsroetes wat jou deur die reservaat en die vallei oortrek met blomme neem.

ONTBYT-BUFFET & ENGLESE ONTBYT

Begin elke dag met ‘n heilsame en heerlike ontbyt van plaaslike bestanddele. Ons hoofsjef, Benjamin Conradie, staan reg om aan enige smake en vereistes te voldoen.

BEGELEIDE WANDELINGE EN STAPROETES

Ervaar die ongelooflike verskeidenheid van fauna en flora by Grootbos saam met ‘n gids. Ons ingeligte gidse sal jou op ‘n inspirerende reis neem deur hierdie eeue oue en unieke bestemming vol interessante en interaktiewe verhale.

RITTE EN WANDELINGE DEUR DIE NATUUR EN AAN DIE KUS

Verken ons 791 blomspesies oor 2 500 hektaar tydens een van ons 4X4-safari-ritte, of ry al langs ons kuspaaie op soek na een of meer van ons beroemde Groot Vyf van die See.

VERVOER NA/VAN ALLE AKTIWITIETE

Vervoer na/van ingeslote sowel as bykomende aktiwiteite is by die tariewe ingesluit. Vervoer na en van die lughawe kan teen ‘n bykomende tarief voor aankoms gereël word.

3-GANG MIDDAGETE

Ons heerlike drie-gang middagete is net wat jy nodig het voor die avonture wat die middag inhou. Al ons geregte word gemaak van vars bestanddele uit ons tuine of van die omliggende hawens.

Ons tariewe is vol-verblyf en sluit baie van die reserwe-aktiwiteite in. Vind meer uit
Sien Tariewe

OP PAD NA GROOTBOS

Grootbos is 'n ongelooflik pragtige plek, maar die reis hierheen is 'n ervaring uit eie reg. Word oorweldig deur lieflike vergesigte, hou stil by unieke plekke en ervaar die natuurskoon rondom jou.

Geniet die warmte van ons hospitaliteit

Grootbos Foundation and global recognition

Grootbos is a world leader in sustainable tourism and has been awarded some of the highest international accolades possible, making us one of only a handful of lodges to achieve this.

Doen Navraag
Doen Navraag